Okacuito River Camp
Ons bied luukse kampplekke langs die Kavango rivier. Die selfcatering staanplekke is baie luuks en ook geplavei. Elke kampplek het ‘n lapa met ‘n vries/yskas, tafel en opwasplek. Elke kamp ook ‘n dubbel braai. Die ablusieblok het warm water en spoeltoilette.
Die tuin is ‘n groot aantrekking vir die kampers om te gaan stap en die voëllewe waar te neem.
KOSTES:
Vanaf R150 per persoon per nag.
Okacuito River Camp is sowat 10km van die Khaudum wild resevaat se afdraai. Die Khaudum se uitdraai is regoor die Katere afdraai. Dit is dus naby vir mense wat uit die Khaudum uitkom. Okacuito is sowat ‘n uur se ry van die Mahango wild resevaat. Dit is 96km van Okacuito af en ‘n lieflike plek met baie diere en voëllewe.
Okacuito verhuur bote uit teen R1200 per dag plus petrol. Die bote kan met gemak ‘n groep van 7 mense akkomodeer. Die enjons is 4stroke enjins, wat lig op brandstof is.
Navrae word direk aan die oord gestuur
KLIËNTE TERUGVOER
Marina Barnard
Hierdie plek is die beste wegbreek en kamp met al die geriewe: Krag yskas lapa warm storte ens. Heerlike tyd gehad
Marina Barnard
EK RAAI ENIGE IEMAND AAN OM OKACUITO RIVER CAMP TE BESOEK DIS DIE LEKKERSTE, RUSTIGSTE, MOOISTE PLEK MET DIE VRIENDELIKSTE EIENAARS
Elna Swiegers van Appel