Oewerzicht

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Greyton
STREEK: Overberg
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 34.103627 E 19.668783
OMGEWING:  Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: R300

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 25
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Oewerzicht

Oewerzicht is geleë op ‘n plaas net buite die historiese dorpie Greyton op die oewer van die Riviersonderend Rivier. Pragtig tussen die berge, voor die rivier- in die hartjie van die natuur! Oewerzicht is die ideale plek om te kom skoene uitskop, te ontspan en ‘n heerlik tyd te hê saam met familie, vriende, nuwe vriende en die Oewerzicht span! Greyton is 8km van ons geleë en het die mooiste klein straatjies, restaurante en Saterdae ‘n markie vanaf 10:00 wat jy nie kan misloop nie.
Aanwysings
Vanaf Greyton:
In Greyton, draai regs by die 2de stop in DS Bothastraat. Hou reguit aan tot buite Greyton op die Riviersonderendpad (grondpad). Sowat 1 km buite Greyton, draai jy regs by die Krige N2 afdraai. Hou reguit vir sowat 3.8 km. Die pad vurk, maar hou net links. Ry vir nog sowat 5 km tot by Oewerzicht. Volg bordjies, die ontvangs is aan die regterkant.
AKTIWITEITE

Bergfiets Roetes: In die omgewing
Staproetes: In die omgewing
Gholf / Putt Putt: Nee
Hengel: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Waterwurm: Nee
swings stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Ja
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

Kamp TV
BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon  Tanille
Kontak nommer  028 254-9831
KAART

SELFSORG

SELFSORG

selfsorg

Selfsorgeenhede: 13
Tipe akkomodasie:Kothuise,Safari tente
‘n Nuwe toevoeging tot die akkomodasie is die buitelug “wood-fired hot tubs.” Elke hot tub het genoeg plek vir 4-6 persone. Die water word warm gemaak deur ‘n klein verhittingsoondjie net onder die watervlak. Die hot tubs is skoon en gereed vir gebruik by aankoms, al wat jy as gas moet doen is om stukkies hout in die oond te plaas om die water warm te hou. ‘n Wonderlike ervaring!


Stone Cottages

Stone Cottages – Oewerzicht

Die stone cottages is geleë op die wal van die Sonderendrivier.

Daar is 6 eenhede beskikbaar met ‘n gemeenskaplike kombuis in die middel van die eenhede geplaas. Elke eenheid het ‘n koning grootte bed, en-suite badkamers en ‘n vuurherd. Daar is ook ‘n kroeg yskas, verwarmer en waaier sowel as ‘n gerieflike grootte stoep met ‘n braaiarea wat uitkyk oor die rivier.

Die eenhede beskik oor ‘n gemeenskaplike “wood-fired hot tub” – ideaal vir ‘n groupie vriende om by te ontspan. Die hot tub sal gereed wees vir gebruik met aankoms en addisionele hout kan vooraf bestel word of aangekoop word op die perseel. Weens water tekorte moet gaste asb vooraf seker maak by bestuur dat die hot tob wel vol water sal wees wanneer hulle bespreek.

Oewerzicht verskaf beddegoed, handdoeke, hout (R20/sak), ys (R15/sak) sowel as ‘n braairooster. Die bestuur kan die koste van die hout en ys aanpas.

Bergzicht ,Welgeleë en Citrus Kothuisies:

CitrusBergzicht en Welgeleë is semi-losstaande en is altwee sowat 50 meter van die rivier af. Hierdie kothuise is toegerus met 1 slaapkamer met ‘n dubbelbed en 2 enkelbeddens in die leef-area, binne- en buitebraais en ‘n lieflike, ruim stoep. Elke kothuis akkommodeer 4 gaste.
Citrus het 2 dubbelbeddens en 2 enkelbeddens in 2 aparte kamers. Daar is ook ‘n klein kothuis aan die agterkant met 1 dubbelbed en ‘n badkamer. Hierdie kothuis akkommodeer 8 gaste en is toegerus met ‘n kaggel, buitebraai-area en ‘n groot stoep vir lekker kuier.

Uitsig Kothuise

Uitsig Hierdie vier (4) kothuise is sowat 300 meter van die rivier af en het ‘n fantastiese panoramiese uitsigt op die Riviersonderend bergreeks. Elke Uitsig Kothuis het ‘n oopplan kombuis- en leefarea, 2 slaakamers (die een het ‘n dubbelbed en en-suit badkamer, en die ander een het 2 enkelbeddens), ‘n aparte badkamer en binne- en buitebraaigeriewe. Die kothuise het ‘n gemeenskaplike swembadjie.
Uitsig Kothuis 4 het ‘n ” wood-fired hot tub” op die stoep met pragtige uitsigte oor die Riviersonderend berge.