Nona Rosa Wegbreek

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek/Selfsorg
NAASTE DORP: Witsand
STREEK: Tuinroete
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS: -34.253229, 20.875174
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: R85

Camping

Kom kamp gratis vir een nag

Kamp vir 5nagte en betaal slegs 4 nagte,
Geldig vir September en Oktober 2019

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 10
Persone Per Staanplek: 10
Troeteldiervriendelik: Ja
Visvang: Ja by Witsand
Swemplek: Rivier/min water
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Gedeeltelik
Toeganklikheid: Grondpad   2×4
Selfoon Ontvangs: Nee
Hout beskikbaar met vooraf bestelling

vis grondpad swem honde   campervan tent

BESKRYWING

Nona Rosa Wegbreek kampplek en selfsorg

Die kampterrein is ideaal om as basis te gebruik. Ry uit na die vele toeriste attraksies in die Tuinroete omgewing. Gaan stap in die welbekende Grootvadersbos, kyk die walvisse in Witsand of vang steenbras op die Breederivier

Nonarosa wegbreek is ‘n terug-na-die-natuur ervaring. Breek weg van die stresvolle stadslewe! Kom en geniet die natuur, voëllewe, rus en vreedsaamheid in die veiligheid van ons plaas. Daar is geen kampplekke uitgesit nie.Die kampplek is geleë aan die voet van ‘n 55m hoë krans en langs die Slangrivier. Daar is ‘n 12 x 6m lapa met ‘n groot vuurmaakplek en braai area. Die lapa het ‘n gedeeltelike oop dak. Die ablusiegeriewe is ‘n houthut met ‘n grasdak. Daar is 2 warmwater storte, 2 spoeltoilette en ‘n opwasarea. Daar is vars drinkwater by die ablusiegeriewe. Daar is ook ablusiegeriewe vir groter groepe (4 toilette en 4 storte – stook die donkie vir warm water). Daar is nie elektrisiteit nie en selfoonontvangs is beskikbaar op die hoër areas op die plaas. Die kampplek is “rustic” en bied vir jou heerlike rustigheid en stilte. Ideaal vir die natuurliefhebber. Die terrein is ideaal vir jeugkampe en groepbesprekings. Die pad na die kampterrein is eerder geskik vir ‘n off-road karavaan of boswa en nie geskik vir lae klaring sedan voertuie nie.
Aanwysings
Vat die R322 afdraai by die N2 ongeveer 3km voor Heidelberg: draai regs na 17 km op grondpad by die Nonarosa Boskamp bordjie. Volg die aanwysingsborde vir 6 km. Bespreking is noodsaaklik weens die afgeleë kampterrein.

AKTIWITEITE

Kuier Lapa: Ja
Grootskerm TV: Nee
4×4 Roete: Ja in omgewing
Bergfiets Roetes: Ja
Staproetes: Ja
Hengel: Ja
Voëlskyk: Ja
Swem: Ja
Speelplek vir kinders: Ja

vuurmaak swings stap off-road fietsry bergklim 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Gas vir stook van water: Ja
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Geen
Eie Braai: Bring eie braaidrom
Geen vullisdromme word geplaas en kampers moet hulle eie vullis verwyder.

toilette stortbad kraanwater

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
KONTAK & TARIEWE

WhatsApp

Tariewe onderhewig aan verandering deur die kampeienaar

  • Volwassenes: R85  per persoon per nag
  • Kinders 6jaar en ouer R85
  • Kinders onder 6 jaar GRATIS
  • Die volgende word nie toegelaat op die plaas nie:
    • Geen vuurwapens
    • Gebruik asb die water spaarsamig – die water by die kamp is skoon en drinkbaar.
    • Geen harde musiek
    • Geen roekelose gedrag of bestuur van voertuie

    Let asb op die volgende:

    • Moenie enige voëls of wild jaag nie.
    • Kyk uit vir skilpaaie op die paaie.
    • Geen skiet op of na enige diere.
    • Moet asb nie die plante beskadig of verwyder nie.
    • Moet asb nie enige bome afkap nie.
    • Ry asb op die bestaande plaaspaaie.
    • Geen vuur buite die kampterrein nie.
    • Moet asb nie rommel strooi nie.
    • Neem asb die mede kampers in ag.
    • Dood asb alle vure voordat jy die kampterrein verlaat.
    • Los alle hekke soos wat jy dit gekry het.

    Toelaatbaar:

    • Troeteldiere – vooraf toestemming en voorwaardes deur die kampeienaar bepaal
    • Die hele plaas is tot jou beskikking om te verken
    • Roetes word met merkers aangedui, maar stappers is welkom om ander roetes te verken
    • Bergfietese
    • Swem in die rivier
    • Visvang

VIDEO

SELFSORG

Nona Rosa Wegbreek bied selfsorgverblyf op ‘n werkende plaas tussen Heidelberg en Witsand. Die plaas is aan die oewer van die Slangrivier.

Die kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, ‘n badkamer en ‘n goed toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en daar is ‘n alkoof met nog 2 dagbeddens. Die badkamer het ‘n stort.

Die kombuisie het ‘n yskassie, mikrogolf, gasstoof, ketel en kookware. ‘n Braai-area en veilige parkeerplek is beskikbaar. Daar is elektrisiteit vir die huis, maar die geyser werk met gas.

Doendinge in die omgewing sluit voëlkyk, voetslaan, bergfietsry en 4×4-roetes in.

Tariewe Vanaf R300pppn vir max 6 persone