Ngata Safari Lodge
11 4.2

Ngata Safari Lodge

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: Hammanskraal
STREEK: Dinokeng Game Reserve
PROVINSIE: Gauteng
GPS: -25.356033, 28.369809
OMGEWING: Bosveld  Natuurreservaat
TARIEWE VANAF: R350 per staanplek vir 4 gaste ingesluit – Maks 4 persone (met insluiting van kinders)

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Ngata Safari Lodge

Kamp Staanplekke 5
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gruis oppervlakte
Skaduwee Gedeeltelik Skadunet
Toeganklikheid Grondpad
Teer
Selfoon Ontvangs Ja

swemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde teerpad

BESKRYWING

Ngata Safari Lodge

Ngata Safari Lodge het 5 groot kampplekke in ‘n L-vorm wat elkeen 12m x 12m groot is. Elke staanplek het sy eie watertoevoer en elektrisiteit asook ‘n geboude braai en lig. Daar is aparte ablusiegeriewe vir beide mans en dames. Elke ablusie beskik oor beide ‘n buite stort, een binnestort, twee wasbakke en twee toilette. Daar is ‘n gemeenskaplike boma en klein swembad vir kampeerders en lodge gaste om te geniet. Die kampplek is omhein en elke staanplek kyk uit oor die pragtige bosveld.
Ngata Safari Lodge beskik ook oor Luukse Tent akkommodasie op minimum besprekings van Bed & Ontbyt basis, onthaalgeriewe, die Ngata Smokehouse and Grill restaurant, en ons nuwe Yankee Tavern is als ook op die perseel geleë. Die gerookte ribbetjies en hoender word in die unieke Texas Style Smoker voorberei en die biefstukke is ook heerlik. Voorsiening word ook vir vegetariërs getref.
Daar is ‘n kinder speel area by die restaurant geleë. Kinders moet wel ten alle tye onder ouers/volwassene se toesig wees.

Neem die N1 na Polokwane en neem die Hammanskraal/ Boekenhoutskloof afrit.
Draai regs oor die hoofweg.
Draai links op die Rust De Winter pad.
Volg die pad tot by die ingang na die Dinokeng Game Reserve.
Bereik die reservaat deur Taugate.
Ry reguit aan totdat jy die Safari Mall op linkerhand kry.
Aan die oorkant op regterhand sal jy ‘n kennisgeweingbord met die  naam Ngata Safari Lodge sien.
Volg die klein grondpad vir sowat 800m.
Die lodge se ontvangs is op regterhand.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Swem
Wildkyk


swings swem

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Karavaan kragpunt
Eie braai
Konferensie
Ander Fasiliteite Georganiseerde wildsritte

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
Kontak persoon Elize Morin
Kontak nommer 0846004686
Kontak nommer 0127114010
Epos elize716@gmail.com
Epos info@ngatasafari.co.za

Dinokeng Game Reserve hef ‘n bewaringsfooi as toegangsfooi.  Die bewaringsfooi beloop tans R30 per volwassene en R20 per kind.
Die bewaringsfooi is betaalbaar wanneer besoekers die reservaat verlaat en is nie ingesluit by die kostes wat deur Ngata Safari Lodge gekwoteer word nie .
Gaste kan ook ‘n selfry permit by die toegangshek koop wat hulle regtig om ‘n selfry wildrit te neem op die aangeduide selfry roete in die reservaat.