3.7
23

Montagu Oord Karavaanpark

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Montagu
STREEK: Breederiviervallei
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 33.7874 E 20.113
OMGEWING:  Dorp
TARIEWE VANAF: Op versoek

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Vooraf reëling
Visvang: Ja
Swemplek: Kouewater /Warmwater
Grondbedeking: Gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid:  Teerpad
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja
visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak honde teerpad

BESKRYWING

Montagu Oord Karavaanpark is ‘n pragtige kampplek in die hartjie van Montagu, op die wêreldbekende Route 62. Hierdie oord het ‘n 3 ster gradering en die eienaars doen alles in hulle vermoë om jou kampervaring lekker te maak. Daar is sowat 85 staanplekke, almal op gras.  Elke staanplek het ook 15 A elektrisiteit, ‘n kraan en ‘n braaiplek – onthou net om jou eie rooster saam te bring.  Daar is 2 ablusieblokke wat baie netjies is en deurentyd gediens word.

Daar is ‘n dam in die oord waarop jy met ‘n trapbootjie kan vaar en waar jy ook kan visvang.  Kom kyk gerus of jy ‘n lekker groot karp aan die lyn kan kry!  Daar is ook baie ander aktiwiteite beskikbaar vir oud en jonk, soos die verhitte binneshuise swembaddens, kouewater swembaddens en ontspanningsarea vir die kinders.

Vir gaste wat nie wil kamp nie, is daar ook ‘n verskeidenheid selfsorg eenhede beskikbaar – van chalets tot houthuise en basiese verblyf vir rugsakreisigers.

Dit is beslis die moeite werd om jou tentpenne by Montagu Oord Karavaanpark in te slaan!

AKTIWITEITE

4×4 roete
Bergfiets roetes
Bergklim
Brootskerm TV
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Kinder swembad
Water glybaan
Trapbootjies
Vakansie program Desember
swings stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike ablusieg eriewe
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe
Porta potty geriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai
Wassery

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon Eienaar
Kontak nommer 023 614 3034
Kontak nommer 082 920 7863

KAART

SELFSORG

SELFSORG

Tipe akkomodasie
Hout Hutte, Kothuise
Selfsorg
Backpackers
Eenhede is geskik vir 2 of 4 gaste
Luukse backpackers is toegerus met beddegoed, bring asb jou eie handdoek
Standaard backpackers het geen beddegoed of handdoeke nie
Geen troeteldiere in die backpacker eenhede nie

Selfsorg Eenhede

Verskeidenheid van 2 / 4 / 6 / 8 slaap eenhede beskikbaar
Slefsorghuise / Eenhede met uitsig oor die meer / Eenhede met uitsig oor di e berge / Grasdak eenhede
Beddegoed word verskaf, bring asb jou eie handdoek
Sommige eenhede is toegerus met lugverkoeling
Geen troeteldiere in die selfsorg eenhede nie