4.2/5 - (18 votes)

Middelberg Gasteplaas

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: De Doorns 35km
STREEK: Hexvallei
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS:  S33.552127 E19.827639
OMGEWING:  Dam  Plaas
TARIEWE VANAF: R400/staanplek/nag (4 persone) en dan vir meer as 4 mense – R150 pp/nag volwassene en/of R70 pp/nag (onder 12)

Camping

Kampplek Beskrywing

Kamp Staanplekke 4
Persone Per Staanplek Slegs groepbesprekings, Min 3 staanplekke
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Dam
Grondbedekking Gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Slegs 4×4
Selfoon Ontvangs Nee

swemtent campervan honde

SELFSORG

Die gastehuis is ‘n ruim, gerieflike selfsorghuis met slaapplek vir 10 gaste. Daar is 4 kamers en 2 badkamers wat gedeel word. Twee van die kamers het koningingrootte-beddens. Die ander twee kamers het stapelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n stoof, oond, mikrogolf, yskas, wasmasijen, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Daar is ook ‘n heerlike vuurherd om binne te kan braai asook braaifasiliteite buite in die tuin. Daar is geen TV of DStv het nie en daar is ook nie WiFi of selfoonontvangs nie. Daar is baie plek vir fietsry of stap en ook bied ook verskeie fynbos, protea en skaars vetplante in die berg. In die winter is gaste ook partykeer gelukkig om sneeu op die berge te sien. Omdat Middelberg Gasteplaas ‘n werkende plaas is, kan gaste ook al die boerdery-aktiwiteite rondom hulle meeleef.