Melkhout Guestfarm
Terwyl jy kamp by Melkhout Guest Farm, word jy soggens wakker met die rustige kabbel van die Breederivier en die veraf werskaf van die bedrywighede van die melkplaas. Die kampplek is geleë onder hoë Eukalyptus bome, tussen die rivierwal en die Langeberge. Die staanplekke het verhewe houtdekke met privaat ablusiegeriewe, ‘n kombuiswasbak en elektrisiteit. Kampeerders het privaatheid en geniet die pragtige uitsigte oor die rivier. Elke dek het ‘n groot oorhoofse area waaronder jy jou stoele en tafel kan plaas – of jy kan selfs jou tent op die dek opslaan. Elke staanplek het sy eie privaat ablusie met ‘n wasbak, toilet en stort sowel as ‘n opwasarea vir skottelgoed. Daar is ‘n braaiplek by elke staanplek vir lekker saamkuier om die vuur. Melkhout Guest Farm is ’n werkende melkplaas en gaste is welkom om die bedrywighede op die plaas te gaan verken. Die pragtige Jersey stoet verskaf die melk vir die kaasfabiek, Mooivallei Suiwel, op die dorp, Bonnievale. Die fabriekswinkel is Saterdae tot 13h00 oop om kaas aan te koop.
Neem die N1 deur die Hugenote tonnel. Ry in die rigting van Worcester en draai regs na Robertson op die N1. Volg die pad na Robertson. Nadat jy by Robertson verby is, draai jy regs na Bonnievale. Hou op hierdie pad. Ry deur Bonnievale, oor die spoorlyn in die rigting van Swellendam/Drew. Ry ‘n verdere 17km. Wanneer jy by ‘n kruising kom, ry jy oor (BruintjiesRivier) om op ‘n grondpad aan te sluit. Melkhout is die eerste plaas op regterkant. Wanneer jy op die plaas is, ry jy oor die spoorlyn en ry verby ‘n kothuis. Ry tussen die kothuis en ‘n skuur deur en draai dan skerp links net voor die melkery. Volg verder die borde.