Medolino Karavaan Park
Medolino is ‘n pragtige kampterrein – naby die Kowie Rivier, by Port Alfred. Die oord het groen grasperke en baie bome vir koelte wat van hierdie kampterrein ‘n lushof van voëllewe maak. Kampeerders ontspan graag onder die bome langs die klein meer en kan vir ure hulself verlustig en ontspan in die rustige omgewing. Daar is 32 groot staanplekke met groen gras, waarvan die meeste onder groot bome uitgelê is. Al die staanplekke het elektrisiteit. Die 3 ablusieblokke word deurentyd skoongehou.
Daar is baie doendinge by Medolino! Die pragtige Kowie Rivier bied ‘n wye verskeidenheid van water aktiwiteite vir kampeerders om te geniet. Kampeerders geniet dit om te swem, vis te vang, te roei en om te ski by die rivier. Verder is die swemstrande maklik bereikbaar vanaf die kampterrein. Ander doendinge sluit in staproetes in die natuurreservate en lang wandelings langs die pragtige strande.
Medolino laat troeteldiere toe, maar daar moet vooraf reëlings met die oord se bestuur getref word. Let asb dat die oord troeteldiervriendelik deur die jaar is – uitgesluit Desember, Kersfees en Paasfees.
Medolino se Kampterrein is beslis ‘n besoek werd – maak gerus ‘n bespreking om by Medolino te kom ontspan!
Aanwysings In die dorp,5km van naaste winkel,800 van swem strand.