MANZINI PLESIER PLAAS
MANZINI PLESIER PLAAS bied pragtige kampplek en selfsorg akkomodasie. Kom breek weg van die stad se lawaai en vuil lug…en kom jul longe met vars lug van MANZINI. Die stilte kalmeer jou gou-gou en ontspan jou liggaam en gees sommer baie vinnig. Daar is 2 damme vir pa wat wil kom visvang en ‘n pragtige swembad vir die kinders terwyl ma kan lê en ontspan met haar gunsteling boek onder ‘n heerlike koelteboom. ‘n Spesiale ekstra is dat jy jou eie perd kan bring as jy kom kamp of ry van ons pragtige diere – lekker met die wind in jou hare. Daar is pragtige staproetes en ‘n stil koppie vir die denkers om te gaan sit en ontspan om jou joernaal te skryf. Vergeet van die daaglikse gejaag en kom wees rustig op die plaas. Antoinette, Henk en die gesin verwelkom jul graag om ons stukkie paradys saam met ons te geniet. Julle sal nie spyt wees nie.
12 Selfsorgeenhede: Rondawels & Stilstaande Karavaan
Ander Selfsorg
4 Slaaper chalets x 11
1 x 6 slaaper
2 x 50 slaaper sale
Karavaan staanplek met en sonder krag. R300 per dag met krag. R200pd sonder krag.
6 persone.
Tent staanplek.
Kostes van R1000 vir 4 slaapers van Vrydag tot Sondag middag.
6 slaaper R1600.