Lekwena Ranch
Lekwena Ranch is op ‘n werkende plaas van 2000 hektaar naby Bela-Bela en bied kampplek verblyf aan vriende en familie.
Lekwena Ranch spog met pragtige bosveldlandskappe en natuurskoon wat gaste kan geniet.
Die verblyf beskik oor 10 kamppeerplekke met waterpunte. Daar is ‘n gemeenskaplike wasarea en ‘n kuierarea waar gaste onder die sterrehemel om ‘n vuur kan kuier. Daar is ook braaigeriewe.Die kuierarea beskik oor ‘n heerlike swembad waar gaste kan afkoel.
Die ablusiegeriewe het toilette, storte en wasbakke.
Gaste moet hul eie kamptoerusting saambring aangesien niks te huur of te koop is nie.
Dit word aanbeveel om met ‘n bakkie/SUV te ry aangesien gedeelte van die pad grondpad is.
Aanwysings na Lekwena Ranch
Neem die N1 na Pietersburg neem dan die Bela-Bela (Sondela bord is ook by die afrit) afrit en hou links. Volg die pad tot by eerste robot draai regs oor brug en weer links by volgende robot. By tweede stop gaan links, gaan oor stop by Forever Resort en dan eerste straat regs – Alma pad – volg die pad uit die dorp tot by die Nooitgedacht bord draai daar regs (grondpad) volg die pad vir ongeveer 17 km tot by die Kroonvlei hek(Bataeleur Walking Trails) op linkerkant. Gaan deur hek en volg 2 spoor pad tot by pilaar wat Lekwena ranch links aandui volg dan die aanwysings tot by Lekwena Ranch.