4.2/5 - (24 votes)

Leeuwenboschfontein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Touwsriver en dan Montagu
STREEK: Klein Karoo Kannaland
PROVINSIE:  Wes-Kaap
GPS: 33° 34′ 00 / 19° 59′ 08
OMGEWING:  Plaas
TARIEWE VANAF: R 125 pppn, R80 kinders jonger as 10 jaar

Camping

Kampplek Beskrywing

Kamp Staanplekke 19
Persone Per Staanplek Onbekend
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – dam
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

SELFSORG

02

Selfsorgeenhede: 6
Tipe akkomodasie Kothuise
Ander
Selfsorg BUNGALOW: R550.00 per nag vir 2 persone ingesluit. R130 add persoon
‘n Snoesige bungalow met ‘n slaapbank, stapelbeddens en ‘n klein kombuisie. Die aangrensende dek en braai strek oor die water en laat jou toe om vis te vang vanaf die dek. Bring asb jou eie beddegoed en handdoeke. Andersens kan beddegoed verskaf word teen ‘n addisionele fooi. Die bungalow bied jou rus en vrede, die gekabbel van water en die musiek van voëltjies wat kwetter. Hierdie is ‘n fantastiese plek om jou batterye te herlaai in die ongerepte natuur. Somtyds sal jy gelukkig wees en sal jy elande, sebras, springbokke en miniatuur perde sien wat kom suip by die dam.