Koranna Getaway

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Clocolan (30km)
STREEK: Oos Vrystaat
PROVINSIE: Vrystaat
GPS: S 28.8941 E27.3077
OMGEWING: Rivier

Kampplek Beskrywing

BESKRYWING

Koranna Wegbreek

Koranna Wegbreek is die ideale kampplek vir die kamper wat bietjie weg wil kom van die stad se geraas. Die Kampterrein is onder skadubome en lê aan die voet van die pragtige Koranna Berge. Die kampplek het elektrisiteit en vars drinkwater. Die ablusiegeriewe is baie skoon en netjies. Daar is genoeg spasie vir sowat 60 voertuie.
Die hoofkamp is geleë in ‘n natuurlike kloof met 2 pragtige watervalle. Die watervalle kan albei bereik word ter voet. Die terrein bied pragtige uitsigte oor die Oos-Vrystaat landskap. Daar is meer as 57 boomspesies by Koranna Wegbreek.
Daar is verskeie pragtige natuurlike gebiede met welige plantegroei, fauna en flora en panoramiese uitsigte.
BOSKAMP:
Die boskamp is omring deur bome met ‘n spoeltoilet, vars drinkwater en ‘n vuurmaakplek om water te verhit.
Koranna Wegbreek is ‘n paradys wegbreek geleentheid vir enige besoeker.

Aanwysings
Vanaf Clocolan: Neem die R703 na Excelsior (5km). Draai regs op die grondpad vir 18km (R356). Draai links by die plaasingang en volg die Koranna Wegbreek bordjies vir die volgende 9 km tot by die kamp.

Let asseblief daarop dat hierdie is nou ‘n gratis plasing en ons nie verantwoordelikheid aanvaar vir onakkurate inligting of ‘n swak bestuurde kampeerplek nie.

FACEBOOK TERUGVOER