Kampplek Beskrywing
Kamp Staanplekke | 38 |
Persone Per Staanplek | 4 |
Troeteldiervriendelik | Ja |
Visvang | Ja – rivier |
Swemplek | Kouewater swembad Rivier |
Grondbedeking | Gras |
Skaduwee | Gedeeltelik |
Toeganklikheid | Grondpad |
Selfoon Ontvangs | Ja |
Beskrywing | Klipspruit River Resort is ‘n gesinsoord aan die oewer van die Vaalrivier.
Die oord bied verskillende akkommodasie-opsies. Daar is ‘n karavaanpark met 38 staanplekke sowel as 7 houthutte en 4 chalets. Die kampeerplekke is almal toegerus met kragpunte. ‘n Paar kampplekke het hulle eie privaat badkamers. 29 van die staanplekke is sowat 100m vanaf die rivier geleë en 9 staanplekke is sowat 50m vanaf die rivier. Elke hut het ‘n kombuis. Linne en handdoeke word voorsien. Die ablusieblok en gemeenskaplike kombuis is stapafstand vanaf die eenhede. Elke chalet het 3 slaapkamers, ‘n sitkamer, oopplan-kombuis en ‘n badkamer. Klipspruit River Resort beskik oor 4 swembaddens en ‘n speelterrein vir kinders om te baljaar. Die oord bied ook heelwat aktiwiteite soos tafeltennis, visvang, vlugbal, fietsry, pluimbal, kajakvaarte en minigholf. Gaste is welkom om te ontspan by die lapa met ‘n kontantkroeg en ‘n grootskerm-TV. |
Aanwysings | Sien kaart |
Aktiwiteite | Bergfiets roetes Grootskerm TV Hengel Kuier lapa Speelpark vir kinders Staproetes Swem |
Ander Aktiwiteite | Kayak Tafeltennis Vlugbal Waterglybane |
MarulaBoom – Klein Saterdag Teaser
MarulaBoom – Klein Saterdag Musiekvideo TeaserKlipspruit Rivier ResortJanco Loubser
Posted by MarulaBoom on Wednesday, 21 March 2018
Fasiliteite | Gemeenskaplike ablusiegeriewe Privaat ablusiegeriewe Opwasgeriewe Kraan by staanplek Kragpunt Karavaan kragpunt Eie braai Gemeenskaplike kombuis Winkel |
Navrae word direk aan die oord gestuur
Kontak persoon | Die oordbestuurder |
Kontak nommer | 0716593528 |
Epos | bookings@ |
SELFSORG
Selfsorgeenhede: | 11 |
Tipe akkomodasie | Hout Hutte Kothuise |
Selfsorg |
4 Slaap HouthutTwee houthutte bied slaapplek vir 4 persone elk. Elke hut het ‘n oopplan-uitleg met ‘n volledig toegeruste kombuis en braai. Linne en handdoeke word voorsien. Hierdie eenhede het nie ‘n eie badkamer nie, maar die ablusieblok is stapafstand van die eenheid af. |
5 Slaap Houthut
Drie houthutte bied slaapplek vir 5 persone elk. Oopplan-uitleg met ‘n volledig toegeruste kombuisie en braai. Elke hut het ‘n oopplan-uitleg met ‘n volledig toegeruste kombuis en braai. Linne en handdoeke word voorsien. Hierdie eenhede het nie ‘n eie badkamer nie, maar die ablusieblok is stapafstand van die eenheid af.
6 Slaap Houthut
Hierdie hut bied slaapplek vir 6 persone. Die eenheid het 4 enkelbeddens en ‘n stapelbed. Elke hut het ‘n oopplan-uitleg met ‘n volledig toegeruste kombuis en braai. Linne en handdoeke word voorsien. Hierdie eenhede het nie ‘n eie badkamer nie, maar die ablusieblok is stapafstand van die eenheid af.
3 Chalets
Hierdie houthuisies het elkeen 3 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 persone elk. Elke chalet het ‘n oopplan-sitarea en ‘n volledig toegeruste kombuisie. Linne en handdoeke word voorsien. Die badkamer het ‘n stort en ‘n toilet. Elke eenheid het sy eie braaiplek en ‘n kuier stoepie.