Klipkrans Privaat Wildplaas
21 4.4

Klipkrans Privaat Wildplaas

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Worcester (10km)
STREEK: Breederiviervallei
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 33.741500 E 19.493433
OMGEWING:  Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: R90

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 36
Persone Per Staanplek: 4 max 5
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja rivier
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak

BESKRYWING
Klipkrans bied ‘n netjiese kampterrein langs die Breederivier. Die rivier strek vir 2.5km en die spieëlglad water sorg vir die ideale swem en kano plek. Kom geniet ons wild en mooi natuurskoon: gemsbokke, klipspringers, springbokke en pragtige proteas. “Waar die natuur nog Koning Kraai!” Sonder nuwe tegnologiese speelgoed deur basies net te loop of op jou fiets te klim kan jy ons 480 ha natuurreservaat vol wild, plante en eksotiese voëls geniet. Maak ‘n lekker lyntjie nat of ry kano. Vir die 4×4 entoesias is daar ‘n roete deur die wildsplaas om vanuit die gerief van jou voertuig die natuurskoon te aanskou….of om sommer net daar in die veld stil te hou en die mooi om jou te wardeer!
Aanwysings
Wanneer u afgedraai het vanaf die R43(Villiersdorp) is dit 3.8km tot by die Klipkrans ingangshek.
As u deur die ingangshek is, is dit slegs 2,8km tot by die kampeerterrein.
AKTIWITEITE
4×4 roete
Bergfiets roetes
Bergklim
Hengel
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Wildkyk
Varswater hengel – Karp, Bass, Barber, Bluegill, Paling, Witvis

swings stap fietsry 4x4

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Nee
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Gemeenskaplike kombuis: Ja

braai kraanwater krag stortbad

Kamp TV by Klipkrans
BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon  Esther Griessel
Kontak nommer  082 448 3402
Kontak nommer  023 342 1353
Tariewe onderhewig aan verandering deur die kampeienaar:
Tariewe tent huisies
Die prys hang af van die totale pakket en die aantal mense.
Gemsbok:
4 beddens @ R500 per nag
Visarend:
2 beddens @ R350 per nag
Paling:
2 beddens @ R350 per nag

Tariewe kampeer areas
Volwassenes: R90 per persoon per nag
Kinders 6-12 R50 per persoon per nag
Kinder onder 6 Gratis

SELFSORG

SAFARI TENTE

Tipe akkomodasie:  Safari tente

Klipkrans beskik oor 3 selfsorg safari-tente. Tenvolle toegerus met beddens, kroegyskassie, breekware en eetgerei.

Gemsbok: Slaap 4. Met vooraf reëling kan matrasse gelê word sodat die tent 6 gaste kan huisves.

Visarend: Slaap 2. Met vooraf reëling kan matrasse gelê word sodat die tent 3 gaste kan huisves. Hierdie eenheid het ’n kampeer area reg langs hom en kan sleg bekom word met die bespreking van die tent huisie. Die koste van die kampeer area is ’n addisionele R90 per persoon per nag.

Paling: Met vooraf reëling kan matrasse gelê word sodat die tent 3 gaste kan huisves.


Baie lekker gekamp. Sagte groen gras langs die rivier. Baie stil en mooi. Was pret vir die kinders en baie skoon badkamers.

Arina Fourie