Kampplek Beskrywing
Kamp Staanplekke | 11 |
Persone Per Staanplek | 4 max 6 |
Troeteldiervriendelik | Nee |
Visvang | Nee |
Swemplek | Dam |
Grondbedekking | Gras |
Skaduwee | Gedeeltelik |
Toeganklikheid | Grondpad |
Selfoon Ontvangs | Swak |
Klein Karoo Welgevonden
Klein Karoo Welgevonden se kamp area is te midde van die boerdery , maar die plaas bied ook ekstra’s aan die kamppeerders soos: Fietsry in die veld of Stap paadjies in die berg (Lange Berge Reeks). In die berge is daar water poele wat lekker lavenes bied teen die warm son veral in die somer. Daar is ook een van die oudste en onbekendste stap roetes in die land. Dit is die WITBLITS Stap roete. Dit was gebruik voor die BOERE OORLOG om spirits na die kusdorpe te vervoer en ook gedurende die oorlog as ‘n toegangs roete oor die berge … te voet of met perde.
Die naaste dorp ,Van Wyks , is 25km vanaf die plaas en bied n paar verskeindenheid van eetplekkies aan. Daar is ook n Mall wat bekend is vir sy tweedehandse skoene teen billike pryse en ook n gemeenskap projek – Spekkies – wat die spekboompies kweek en uitplant.
Die area op en om die plaas is ideaal vir bergfiets roetes of enige een wat net hou van die natuurskoon en stilte in die Klein Karoo.
Die roete tot by die plaas is n minimum van 32km grondpad en die naaste dorp met diesel of petrol is Riversdal.
Daar is ook die laagwaterbrug by die Gouritz rivier. Dit bied n steil afdraend en steil opdraend om daar deur te kom. Lekker vir diegene wat hou van van die agterpaadjies ry.Die plaas is ook bekombaar vanaf Herbertsdale se kant af.
Met verskeie bergpasse nie te ver van die plaas is die plaas ideaal vir ‘n oornagrit vir diegene wat hou van nuwe draaie ry.
Aanwysings
Die plaas KLEIN KAROO WELGEVONDEN is op die R327.
Vanaf die plaas gaan :
die R327 in die Suid Oostelike rigting na Herbertsdale, 55km verder
die R327 in die Noordelike rigting na Van Wyks Dorp, 25km verder.
Die plaas is ook 60km vanaf Riversdal (langs die N2) wat meer Suid Wes geleë is van die plaas.
Bergfiets roetes
Bergklim
Staproetes
Swem
Wildkyk
Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Eie braai
Die ablusie geriewe het ligte,toilette en storte met deure wat kan sluit asook wasbakke … alles met warm water daarby.
Navrae word direk aan die oord gestuur
Tariewe is onderhewig aan verandering
Kontak persoon | Charlotte Brunette |
Kontak nommer | 078 616 4223 (WhatsApp) |
Epos | brunettes1991@gmail.com |
Webblad | www.kleinkaroowelgevonden.com |
Om by die plaas te kom moet die grondpad aangedurf word en sal ‘n bakkie of soortgelyke voertuig handig wees.
Daar is n skaduwee boom op elke staanplek, maar dit kan wys wees om voorsorg te tref vir ekstra skaduwee, veral in die somer.
Daar is nie krag by die staanplekke nie en elke kamppeerder moet vir sy eie verkoelings geriewe sorg.
Daar is hout beskikbaar teen betaling.
Betaling vir kamp is vooraf, eft of kontant asb.