Kazi Mingi Boskamp

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Nylstroom/Modimolle
STREEK: Waterberge
PROVINSIE:  Limpopo
GPS: S 24.458067 E 28.347533
OMGEWING:  Plaas
TARIEWE VANAF: R145

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Ja
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

swemselfoon-ontvangstent karavaan campervan honde

BESKRYWING

Kazi Mingi

Kazi Mingi Boskamp is ‘n klein privaat boskamp in die asemrowende Waterberge, ideaal vir diegene wat wil wegbreek van die spanning en lawaai van die stadslewe. Ideaal vir groepbesprekings van tot 20 mense. Die oumas en oupas wat nie kans sien vir kamp nie kan loop afstand in die boshuis of safaritent tuisgaan.
Hierdie kamp is vir die natuur liefhebbers – geen lawaai of harde musiek word toegelaat om jou medekampers se rus te versteur nie.

Aanwysings
Draai links by die Kranskop tolhek na Nylstroom (Modimolle). Ry op die Vaalwater/ Ellisras teerpad vir 17 km. Draai regs op die Driefontein grondpad vir 19 km, dan 5km regs op die Naboomspruit pad. R33 Modimolle na Vaalwater. Ellisras/Lephalale – Draai af op Driefontein/Melkrivierpad.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Uitkyk dek met 360˚ uitsig oor die Waterberge.
Elke staanplek het sy eie braailapa.
Een groot oop bosveldlapa (kuierkraal) vir groepe tot 16-20 gaste

swings swem stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Gemeenskaplike kombuis: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 083 255 7590
Kontak nommer 083 255 7590

Tariewe  vanaf 1 Oktober 2018:

KAMP: volwassenes : : R145 pppn
Kinders 6-12 jaar asook Pensioenarisse : R100
Boshuis per nag : R550

KAART

SELFSORG

Die Boshuis

Die Boshuis
Weggesteek, maar steeds binne stap afstand vanaf die kampeer area is daar ’n oulike hartbees boshuisie van klip vir mense wat nie wil kamp nie. Dit het klipmure, ‘n sinkdak en rietplafon.
Dit is bo-op ’n hoogtetjie gebou waarvandaan mens die blou Waterberge kan bewonder. Die huisie het een slaapkamer met ’n dubbelbed en en-suite toilet en stort. Daar is ook ‘n kombuis/ woonkamer met ’n kaggel en ’n ekstra bed. ’n Vierde persoon sal ook wel op ‘n matras op die vloer kan slaap. Buite het die huisie sy eie veldtuin met ‘n lapa-boskroeg en ‘n kuierplek wat met ‘n sonsambreel toegerus is.
Die boshuis is ten volle toegerus met krag, ‘n mikrogolf oond en ook ‘n yskas. Bring slegs u eie handoeke.