Kango Gastehuis

TIPE AKKOMODASIE: Selfsorg
NAASTE DORP:  48 km vanaf Montagu
STREEK: Koo-Vallei
PROVINSIE:  Wes-Kaap
GPS: 3338’5.684″S 1951″59.385″E
OMGEWING:  Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: R250 per persoon per nag

Camping

SELFSORG

Kango Gastehuis
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Geen
Grondbedeking NVT
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Teer
Selfoon Ontvangs Ja
Beskrywing Kango Gastehuis is ideaal vir ‘n groep of gesin van 8. Die plaashuis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. 2 van die slaapkamers het elkeen ‘n dubbelbed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het ‘n stapelbed. Die 2 badkamers het elkeen ‘n stort. Linne en handdoeke word vir u gerief voorsien. Dit is toegerus vir selfsorg, die kombuis beskik oor ‘n stoof en oond, ‘n yskas, ‘n vrieskas, eetgerei en breekware en ‘n eettafel. Die sitkamer het ‘n TV en ‘n binnebraai-area. Daar is buite braaigeriewe ook beskikbaar en hout word op die plaas verkoop.Gastehuis is ongeveer 48 km vanaf Montagu, die naaste dorp. Dit is op ‘n plaas geleë. Beskik oor 4 kamers en 2 badkamers. Gastehuis word as ‘n geheel bespreek. Kom geniet die rustigheid van die plaaslewe!!
Aanwysings 30 min se ry op die R318 vanaf Montagu en 1 uur se ry vanaf Worcester en dus 2 ure se ry vanaf Kaapstad.
Aktiwiteite 4×4 roete
Grootskerm TV
Ander Aktiwiteite zipslide
Fasiliteite Eie braai

Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite om op die plaas te geniet, soos fietsry, wandel, voetslaan en ‘n 4×4 roete. Die buurplaas het 4×4 roetes van makliker tot meer uitdagender roetes en ‘n Zipline, wat op versoek bespreek kan word.

Kango Gastehuis (10)

KONTAK
Kontak persoon Engela le Roux
Kontak nommer 0825073855
Kontak nommer 023-6143879
Epos gjleroux@1drag.co.za

Inkloktyd 11:00 to 19:00
Uitkloktyd 10:00