Joosteswerwe Kamp
6 4.8

Joosteswerwe Kamp

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP:  Carnarvon
STREEK: Carnarvon
PROVINSIE: Noord-Kaap
GPS: -30.633452, 22.531414
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: R400 /staanplek

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 4
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Ja
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Dam
Grondbedeking Geplaveide staanplekke /gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Swak

swemtent karavaan campervan honde

BESKRYWING
Beskrywing Joosteswerwe is ‘n werkende plaas in die Groot Karoo op die R384 tussen Carnarvon en Vosburg. Ons streef daarna om dié tipe plaas-ervaring te bied wat besoekers herinner aan hulle kinderdae op die plaas.

Die kampeerterrein is op Kokerskolk-plaas geleë, onder beeldskone ou doringbome langs die lusernlande en bied pragtige uitsigte oor die Boesakrivier. Ons het 4 groot private staanplekke met braai-areas en groot lapas. Die staanplekke het elkeen hul eie kragpunt en water en ook ‘n rustieke buite-stort en toilette. Indien jy verkies om nie die oop geriewe te gebruik nie, is daar ‘n ablusieblok sowat 150 m verder. Daar is ook ‘n lieflike swemdam waar jy kan afkoel op ‘n warm somersdag. Gaste word aangemoedig om lang romantiese wandelinge en bergfietsritte te onderneem. Die grondpaaie is die meeste gepas vir viertrek-karavane.

Sluit gerus aan by die oggend-uitstappie na die ongelooflike rotstekeninge. Sit en nuttig ‘n drankie as jy uitgeput is van al die uitstappies, of gaan soek nog onontdekte rotstekeninge. Laat in die middag is daar nog ‘n rit waarby jy kan aansluit, en op pad terug sal die Karoo se krioelende sterrehemel jou betower.

Joosteswerwe is op ‘n werkende plaas en daar is heelwat doendinge vir jonk en oud. Kyk hoe die boer sy dagtaak verrig en hoe die bokke soggens gebruik word om die weeslammertjies te voed. Die perde moet gevoer word en saans moet al die diere “in die bed gesit” word. Besoekers is gewoonlik mal daaroor om dit te sien. Al die plaaswerk word met behulp van perde gedoen. ‘n Rit op ‘n perdekar vergeet ‘n mens nie sommer nie.

Aanwysings Ons is basies in die middel tussen Carnarvon en Vosburg geleë op die R384. Van Carnarvon 43km en van Vosburg 40km. Een km voor die afdraai sal jy n groot bord kry wat op staan Joosteswerwe Guest Farm. Van die ooste draai jy regs. By afdraai gaan jy deur n hek waarop groot geskryf staan in rooi DASDAM. Die hek lyk gesluit maar die sleutel hang langs die slot of meeste van tyd is hy oop. Ongeveer 500m verder gaan jy deur nog n hek, 300m verder slope die pad na links, 2km verder gaan jy oor n riviertjie (pasop vir dwars wal net voor die rivier dis nogal skerp), hou regheid deur hek drie en vier, nege kilometer van af teerpad sal jy twee hekke kry jy moet deur die een gaan regvoor jou gaan ( dit sal hek vyf) wees. Daar split die pad vat die regterkant se pad. Daar is klein bordjie wat sê Kokerskolk regs . Volg die pad. Vyf kilometer verder deur hek ses en sewe sal jy Kokerskolk bereik. Die kampterrein is op hierdie plaas
AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Kuier lapa
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Perdry, Perde Kar Ritte, Wild Ritte, Plaas Aktiwiteite


swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Rolstoel badkamers
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Karavaan kragpunt
Eie braai
Gemeenskaplike kombuis

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
KONTAK & TARIEWE
Kontak Besonderhede
Kontak persoon Marje Smit
Kontak nommer 0786060706
Kontak nommer 0832681225
Epos joosteswerwe@gmail.com
Tariewe Die tariewe is R400 per staanplek per dag. 1 tot 4 gaste: R400 per dag en R50 vir elke ekstra wat nog bykom. Kinders onder 2 bly gratis. Maksimum 6 gaste per staanplek

RESENSIES