Jaghuis Private Campsite
Die Jaghuis Private Campsite is die perfekte wegbreek plek na ‘n lang tyd by die huis!! Is dit nou vir ‘n rustige familie naweek, ‘n verjaarsdag partytjie, Batchelors partytjie of net ‘n lekker kuier saam met ‘n klomp vriende!!
Dis in die middel van die Sandveld slegs 30km vanaf Hopefield, op die Piketberg/Aurora grondpad.
Die Jaghuis Private Campsite bied die volgende:
– Oopplan huisie met Kombuis, binnebraai en bar.
– Een badkamer met warm stort.(deur ‘n donkie te stook)
– Buite braai lapa.
– Onbeperkte kampplek.
Aanwysings
Ry vanaf Malmesbury Hopefield toe.
By Hopefield draai regs Veldrif toe
Ry Reguit tot by Bergrivier Graan Silos.
Draai Regs net voor Graan Silos op die Kersefontein/Piketberg Pad
Ry reguit tot oor die Bergrivier Brug.
Net na brug draai Regs op die Piketberg/Afdelings Pad.
Ry reguit verby 2 Plase op regterkant (Rasgat & ZoutKloof)
Ons is die 3de plaas op regter kant. Steenboksfontein.
Daar is ‘n hek met twee groot Silwer pilare.
Bel Lené vir Hek se kode.