inniKloof

Provinsie Oos-Kaap
Streek Gamtoosvallei / Baviaanskloof

Naaste dorp: Hankey – 12 km

Kamp Staanplekke 11
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – rivier
Swemplek Rivier
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Nee

inniKloof se plattelandse stilte en gasvryheid – weg van alles en almal, maar tog binne bereik van die nodigste. inniKloof is ‘n plek waar jy weer tot verhaal kan kom en vrylik kan asemhaal. Kom kuier in die goed-toegeruste huisies en geniet die rustigheid om jou. Bring ‘n voëlboek en verkyker, die roman waarvoor jy nooit tyd kry nie of die legkaart wat nog nie voltooi is nie en kom span uit onder reuse geelhout-en witstinkhoutbome. Braai ‘n vleisie, luister na die naggeluide en verwonder jou aan die sterreprag. 

Kontak persoon

Catherina Wait  0422840940

BESIGHEDE