George Country Resort

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  George
STREEK: Tuinroete
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 33.993621 E 22.519329
OMGEWING:  Dorp
TARIEWE VANAF: Op versoek

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 126
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja by die See
Swemplek: Kouewater swembad
Grondbedeking: Geplaveide staanplekke /gras
Skaduwee: Ja
Toeganklikheid:  Teer
Selfoon Ontvangs: Ja
Sekuriteit: Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan teerpad

BESKRYWING

George Country Resort se kampplekke is baie rustig, boomryk, beskerm teen die wind en netjies met ‘n uitsig oor die Outeniekwaberge, net 2 km van die Garden Route Mall en 3,7 km van Victoriabaai . Al die besienswaardighede op die Tuinroete is net ‘n daguitstappie van jou af. Die oord is halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth.  Elektrifiseerde drade reg rondom en ‘n sekuriteitshek maak hierdie bestemming baie veilig. Die ablusies is modern en skoon. Daar is ook selfsorgeenhede teen billike tariewe. Die span is vriendelik en baie gewillig om te help.

AKTIWITEITE

Bergfiets Roetes: In die omgewing
Bergklim en Staproetes: In die omgewing
Hengel: Ja
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
swings stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Ja
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
16 Kampplekke met privaat ablusie
DSTV punte by kampplekke met privaat ablusie

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

SELFSORG

KOTHUISE

selfsorg

Selfsorgeenhede: 16 Kothuise

Die oord bied volledig toegeruste, oopplan-chalets met 2 slaapkamers elk. Elke chalet het ‘n badkamer en kombuis met yskas, stoof, mikrogolf, ens. Daar is televisies met sekere DStv-kanale. Privaat braaigeriewe. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Oopplan Chalet – slaap 3 (6 eenhede beskikbaar)
Volledig toegeruste kombuis met yskas, stoof, mikrogolf ens. Sekere DStv-kanale (film en sport). 1 of 2 enkelbeddens en dubbelbed beskikbaar in eenheid. Badkamer. Sluit linne en handdoeke in. Privaat braaigeriewe. Gemeubileerde dek.

Tweeslaapkamer Chalet – slaap 6 (10 eenhede beskikbaar)
Selfsorg-chalets met 2 slaapkamers. Elke chalet het ‘n volledig toegeruste kombuis met yskas, stoof, mikrogolf ens. Sekere DStv-kanale (flieks en sport). Badkamer. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Privaat braaigeriewe. Dubbelkamer, enkelkamer met 2 beddens en slaapbank in die sitkamer met genoeg plek vir 2 gaste.