Fleckvieh Guestfarm

Fleckvieh Guestfarm

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Swellendam
Grootvadersbosch Landgoed
STREEK: Overberg
PROVINSIE: Wes-Kaap
GPS:
OMGEWING: Dam/Plaas
TARIEWE VANAF: R250.00 per nag 2 Persone ingesluit

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 2
Persone Per Staanplek 5
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – dam
Swemplek Kouewater swembad
Dam
Grondbedeking Gras
Skaduwee Nee
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan teerpad

BESKRYWING

Fleckvieh Guestfarm @ Grootvadersbosch Landgoed

Fleckvieh Guestfarm @ Grootvadersbosch Landgoed is geleë op ‘n privaat plaas aan die voorheuwels van die Langeberge. Die plaas is naby die Tradouwpas, net buite Swellendam geleë. Fleckvieh Guestfarm bied ‘n pragtige kampterrein langs die water met pragtige uitsigte op die berg en oor die dam. Die staanplekke beskik oor kragpunte. Selfsorg verblyf word in 1 grasdak-chalet, 2 houthuisies (Bosbok en Takbok), 1 groot houthuisie (Eland), 2 woonstelkamers (Koeitjie en Kalfie) en 3 kamers met privaat ingange in die hoofplaashuis gebied.

Die grasdak-chalet is ‘n losstaande eenheid wat slaaplek bied vir 6 persone. Die eenheid het 2 slaapkamers en ‘n solder met ‘n dubbelbed en 4 enkelbeddens. Die eenheid het ‘n oopplan-kombuis, leefarea en daar is lekker braaigeriewe buite.

Takbok, Bosbok en Eland is aan die oewer van die dam geleë. Takbok en Bosbok is kamertipe-eenhede met slaapplek vir 4 gaste en beskik oor ‘n dubbelbed en stapelbed, asook elkeen sy eie kombuis. Daar is ‘n paadjie wat vanaf elke kamer na die buite-badkamers lei. Elke eenheid het sy eie braai-area en kampeerplek. Eland is ‘n tweeslaapkamer-eenheid met slaapplek vir 6 persone en het ‘n oopplan-kombuis en sitkamer met lekker braaigeriewe.

Koeitjie en Kalfie was voorheen die gebou waarin kalfies aangehou is. Dit islater omskep in 2 eenhede met lieflike uitsigte oor die vallei. Die Koeitjie eenheid het ‘n dubbelbed en ‘n stapelbed en die Kalfie eenheid het 2 enkelbeddens en ‘n slaapbank. Dié eenhede is naby die melkery geleë. Koeitjie en Kalfie kan saam vir groepe bespreek word.

Die 3 kamers in die hoofhuis is privaat en het hul eie ingange. Hierdie kamers het die pragtigste uitsigte oor die plaas en vallei.

Fleckvieh Guestfarm het ‘n gemeenskaplike swembad waarin gaste afkoel op warm somersdae, met braaigeriewe en lieflike uitsigte. Gaste kan selfs in die plaasdam swem. Fleckvieh is perfek vir gaste op soek na gerieflike plaasverblyf ver van die stad se gedruis. Gaste gebruik dikwels hierdie gasteplaas as basis om plekke soos Witsand en die wynroetes te verken, maar selfs ook as basis vir besoeke aan Kaapstad, George en Oudtshoorn.

Aanwysings Byna halfpad tussen Swellendam en Heidelberg op die R322.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Ander Aktiwiteite Perdritte teen R200 per uur (slegs met bespreking).
Nagritte teen ekstra koste van R200 (slegs met bespreking).
Te koop: vuurmaakhout per sak asook melk en eiers te koop.


vis swings swem stap fietsry

FASILITEITE
Fasiliteite Familie badkamers
Opwasgeriewe
Kraan by staanplek
Kragpunt
Eie braai

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak persoon Chantell van Staden
Epos fleckviehboerdery@gmail.com