Edenpark Karavaanpark

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP:  Naboomspruit (Mookgophong) 13km
STREEK: Waterberg
PROVINSIE:  Limpopo
GPS: S 24.444685 E 28.681776
OMGEWING:  Bosveld Plaas
TARIEWE VANAF: R580

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke 31
Persone Per Staanplek 4
Troeteldiervriendelik Vooraf reëling
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Geplaveide staanplekke /gras
Skaduwee Ja
Toeganklikheid
Selfoon Ontvangs Ja

swemselfoon-ontvangstent karavaan campervanswem-onder-afdak honde teerpad

BESKRYWING
Beskrywing Edenpark is ‘n pragtige Karavaanpark met ‘n 5-ster gradering in die Waterberg streek van Limpopo. Daar is 31 eksklusiewe staanplekke en elke staanplek het sy eie geriewe met ‘n private braai-area. Die staanplekke is onder groot inheemse bome.
Troeteldiere: Slegs in die winter met vooraf toestemming
31 staanplekke met maks 4 persone per staanplek (2 volwassenes en 2 kinders)
2 staanplekke het gras en 29 het plaveisel
Aanwysings Vanaf Pretoria:
Neem die N1 hoofweg. Ry deur die Kranskop tolhek en ry vir 40 km aan op die hoofweg tot jy die Naboomspruit (Mookgophong) afrit kry aan linkerkant. Gaan links uit en hou reguit aan tot in Naboomspruit (Mookgophong). In die dorp, draai jy links by die tweede robot. Hou reguit aan vir ongeveer 11km tot by die T-aansluiting. Draai regs en ry met die pad vir ongeveer 2km. Aan die regterkant sal jy ‘n groot bord sien met die naam EDEN PARK en ‘n groot groen skuifhek. Gaan deur die groen skuifhek en ry ongeveer 300m tot jy die kantoor voor jou sien. Meld asb aan by die kantoor.

Vanaf Pietersburg:
Ry met die alternatiewe pad vanaf Potgietersrus se kant in die rigting van Pretoria tot jy die padaanwysing sien wat wys Minerale Baddens 11km. Draai regs en ry vir ongeveer 12km op die pad. Jy gaan aan die linker kant van die pad ‘n klein groen bordjie sien wat 250m wys. Na dit gaan u ‘n groot groen skuif hek sien aan die linker kant van die pad. Gaan deur die groen skuithek en ry vir 300m tot u die kantoor voor sien. Parkeer u voertuig by die parkeer area en kom meld aan by die kantoor. Baie dankie en ry veilig.

AKTIWITEITE

Bergfiets roetes
Kuier lapa
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Wildkyk
swings swem stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe:Nee
Privaat Ablusiegeriewe: Ja
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Ja
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Ja
Eie Braai: Ja
Winkel: Ja

Ander Fasiliteite Elektriese omheining met sekuriteitswagte in die aande.

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 087 820 7240
Kontak nommer 087 820 7240