4.1/5 - (14 votes)

Dwarswegstrandoord

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Grootbrakrivier 7km
STREEK: Suid-Kaap
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: S 34.05061 O 22.2738
OMGEWING: Kus
TARIEWE VANAF: R480 Laagseisoen

KLIEK VIR Tariewe 2021

Camping

Kampplek Beskrywing

Kamp Staanplekke 34
Persone Per Staanplek 4 max 6
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – see
Swemplek See
Grondbedekking Geplaveide staanplekke /gras
Skaduwee Gedeeltelik
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja

ALGEMENE INLIGTING vir KAMPPEER AREA 2021

geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan teerpad

SELFSORG

Huise

Die oord het 4 vier-slaapkamer, 3 drie-slaapkamer huise en 4 twee-slaapkamer huise op die strand. Elke huis het ‘n dubbelbed, vier enkelbeddens en ‘n stapelbed.  Die 2 + 3 slk huise het ook ‘n motorafdak.

Die vier-slaapkamer huise het twee bad-kamers: Een met ‘n bad en toilet, een met ‘n stort en toilet.  Die ander het stort en toilet-geriewe.

Die kombuis  het ‘n mikrogolfoond, yskas, 3-plaat stoof met oond en elektriese broodrooster.  Daar is ook kombuisgereedskap en eetgerei.

Elke huis het ‘n televisie met DSTV (hotel pakket). As u meer kanale benodig, bring asb. u eie dekodeerder. Braaidromme is beskikbaar, maar bring asb. u eie rooster.