Dumanzi Lodge
9 5

Dumanzi Lodge

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Northam (28km)
STREEK: Waterberge
PROVINSIE: Limpopo
GPS: S 24.802800 E 27.088300
OMGEWING:  Bosveld
TARIEWE VANAF: R250

Camping

Kampplek Beskrywing

OORSIG
Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Nee
Swemplek Kouewater swembad
Grondbedeking Gras/grond
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Grondpad
Selfoon Ontvangs Ja

geen-honde swemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Dumanzi Lodge

Dumanzi Lodge bied ‘n skaduryke kampterrein op ‘n privaat wildsplaas, slegs 2 ure se ry vanaf Rustenburg. Basiese geriewe word voorsien asook luukse akkommodasie en geriewe by die lodge. Die lodge kan met ‘n gewone sedan voertuig bereik word.

Die volgende akkomodasie word aangebied:
Kampterrein – Skaduryke kampplek met basiese geriewe.
Chalets – Slaap tot 6 persone per chalet, tenvolle toegerus met braaigeriewe.
Tente – Slaap tot 4 persone per tent, selfsorg kombuis beskikbaar.
Kamers – Slaap tot 3 persone per kamer, selfsorg kombuis beskikbaar.
Boskamp – Sleeps 12 persone, selfsorg, bring jou eie beddegoed.

Aanwysings:
Vanaf Northam volg die pad na Dwaalboom. Na ongeveer 16km teerpad sal die pad oorgaan in ‘n teerpad vir die volgende 12 km. Moenie links draai by die Dwaalboom afrit nie, ry reguit aan met die grondpad totdat jy Dumanzi Lodge op regterkant kry.

AKTIWITEITE
Aktiwiteite Bergfiets roetes
Staproetes
Swem
Wildkyk
Ander Aktiwiteite Kleiduif skiet
Perdry


swem stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Konferensie: Nee
Winkel: Ja

braai kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Die Bestuurder
Kontak nommer 072 993 5696
Kontak nommer 014 596 7012

dumanzilodge@gmail.com

mailto:reservation@dumanzilodge.co.za

SELFSORG

LUUKSE TENTE

LUUKSE TENTE
5 Luukste Tente – gerieflik vir 2 persone per tent
Elke tent het sy eie badkamer met stort
Linne word voorsien en indien nodig word tente daagliks gediens
Gaste wat in tente bly het gebruik van die opelug lapa met ‘n volledige kombuis en ablusie geriewe

CHALETS

CHALETS
Drie ten volle toegeruste chalets is beskikbaar vir selfsorg akkommodasie.
Gerieflik tot 6 persone per chalet.
Badkamers met storte
Die kamers is toegerus met ‘n waaier of ‘n lugversorger
Stylvol versier in ware safari styl.
Linne word voorsien en indien nodig word tente daagliks gediens
Elke chalet het sy eie braai en stoep

KAMERS

KAMERS
Ses luukse kamers
En-suite badkamers
Gerieflike akkomodasie vir 2 persone per kamer
Die kamers is toegerus met ‘n waaier
Stylvol versier in ware safari styl.
Linne word voorsien en indien nodig word kamers daagliks gediens
Gebruik van die selfsorg kombuis kan gereël word, andersens kan etes bespreek word by die restaurant.

BOSKAMP

BOSKAMP
Ons boskamp is teen ‘n heuwel geleë en bied pragtige uitsigte oor die omliggende asemrowende natuurskoon.
Kuier gesellig om die vuur – ware Safari styl.
Tot 12 mense kan geakkommodeer word.
Linne word nie verskaf nie.
Die kamp word daagliks gediens.
Gebruik van ‘n ten volle toegeruste kombuis met gasstoof en yskas.
Opelug stort en toilet.
Warm water word voorsien deur ‘n “donkie” en in die nag ligte via ‘n batterylaaier.