Doringkraal boskamp
Doringkraal boskamp is vir natuurliefhebbers en stappers wat verkies om op hulle eie te wees- met geen ander mense in sig nie.
Rustige kampplek tussen die berge met net die duiwe en ander voels wat die stilte verbreek.
Basiese geriewe by Doringkraal boskamp bestaan uit een kamp area met braaiplek, vars bergwater kraan, spoel toilet en koue stort.
Aanwysings Vanaf George en Oudtshoorn T-aansluiting na Doringkraal boskamp, neem die R62 teerpad na Uniondale en ry 43 km rigting Uniondale. Draai links af op grondpad na Buffelsdrif. Ry 5 km verder tot by kruispad en draai regs na Uniondale. Ry verdere 5 km tot by Sanddrift/Welbedacht bord en draai links. Ontvangs eerste huis op regterkant.
Vanaf Uniondale neem R62 teerpad na George, draai 5 km verder regs op grondpad na Kammanassie. Ry ongeveer 25 km op grondpad tot by Sanddrift/welbedacht bord en draai regs. Ontvangs eerste huis op regterkant