Dinokeng Camp and Leisure
Dinokeng Camp & Leisure is geleë in die groot hekke van Dinokeng reservaat, maar nie in die groot 5 area nie. Ons is letterlik regoorkant die groot 5 area. Die de Wagensdrift pad is tussen ons. Ons rooibokke, blesbokke, njalas, kudus en blou wildebeeste kom groet gereeld ons gaste by die lapa-area en dam.
Dinokeng wat “a place of rivers” beteken loop deur ons plaas. Ons verseker jou van heerlike ontspanning in ‘n veilige omgewing, om in die natuur te wees waar jy rustigheid kan ervaar. Ons streef om persoonlike aandag aan al ons kliënte te gee.
Dinokeng Game Reserve, Patrys Road, De Wagendrift
Let wel die enigste grondpad wat ons gaste sal ry is presies 2 kilos tot by Dinokeng Camp & Leisure.
Aanwysings Ons is 45/50 kilos noord van Pretoria in die groot hekke van Dinokeng Reservaat. Jy kom in by die reservaat met die Rust de Winter groot teerpad. Ry verby Safari-Mall. Draai regs op die grondpad De Wagendrift. Ry 2 kilos. Ons sit aan die linkerkant regoor Patrys straat.