Chris-Elle
16 4.7

Chris-Elle

TIPE AKKOMODASIE: Selfsorg
NAASTE DORP: Swellendam (8.9km)
STREEK:Overberg
PROVINSIE:Wes-Kaap
GPS: -34.044963, 20.534952
OMGEWING: Rivier
TARIEWE VANAF: R185

Camping

Selfsorg-Kampplek Beskrywing

OORSIG
Troeteldiervriendelik Nee
Visvang Ja – rivier
Swemplek Rivier
Skaduwee Ja
Toeganklikheid Teer
Selfoon Ontvangs Ja

vis teerpad swem geen-honde  selfsorg selfoon-ontvangs

BESKRYWING

Chris-Elle

Chris-Elle bied pragtige selfsorg akkomodasie, slegs 8.9km vanaf die historiese dorp, Swellendam en met die mooiste uitsigte oor die Langeberge. Die selfsorg kothuis en unieke CampOVan’s is slegs sowat 80m vanaf die Buffeljagsrivier. Chris-Elle is die ideale oornagplek vir gaste oppad of na Kaapstad op die N2. By Chris-Elle kan gaste meer leer oor die Sugar Bridge se interessante geskiedenis. Kom sluit jou dag af met ‘n heerlike skemerkelkie op die rivierwal, terwyl jy wag vir die trein om verby te stoom. Julle kan ook help om die hoenders, eende, ganse, springbokke en Choppie, die klein varkie, te voer.

Aktiwiteite & Fasiliteite
Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Wildkyk
Fasiliteite: Konferensie

WAT Sê DIE MENSE

Faye V 
With spouse/partner
Cute caravan in a unique location.
The place was really unique! In the morning you will see a lot of antilope and the sweet pig who we really loved. The caravan is clean and you have everything you need. The showers are good as well! We would stay here again!

Wendy H 
Family with young children
Beautiful setting and value for money.
A beautiful setting. Well-equipped chalet.

Loraine J 
With spouse/partner
Baie rustig en stil en pragtig
Heerlike groot vertrekke en baie goed toegerus. Ongelukkig is die stort ‘n bietjie nou. Braai-area is lekker rustig.

Pierre L 
With spouse/partner
Rustig en sentraal.
Pragtig groen, baie wild en waarde vir geld.

Lourens S 
With spouse/partner
Baie aangenaam om in die Camp-o-van te oornag
Dit was baie lekker om in die netjies ingerigte karavaan te oornag.

Lorraine M 
Individual traveler
Rustig en gemaklik.
Was nogal opgewonde om in die Camp-o-van te slaap, en was elke sent werd.

Annette T 
With spouse/partner
Ons verblyf in die karavaan was spesiaal.
Ek het my lewensmaat verras vir sy verjaarsdag en ons het werklik die omgewing en gasvryheid geniet.

Theo J 
With friends
Friendly owners.
A nice cottage to stay in with beautiful nature and a river to view.

Jacques S 
With spouse/partner
Rustigheid het ons oorval en ons het heerlik die aand gebraai.
Die plekkie is tog te pragtig. Baie netjies en met smaak gemeubileer. Ons sal beslis weer gebruik maak van die eenheid.

Rosalind R 
My suster en ek het dit terdeë geniet.
Sal weer teruggaan. Hopelik vir ‘n langer tydperk. Baie dankie. Pragtige plek. Lekker atmosfeer. Vriendelike gasvrou. Uitsig asemrowend. Baie mooi herinneringe.

Sandra D 
With spouse/partner
Ons het lekker gerus, die stilte waardeer en ook die mooi omgewing.
Ons ervaring van Chris-Elle Cottage was baie goed. Die plek is geleë op ‘n baie mooi plek en die rustige en stil omgewing laat mens regtig rus. Ons het die diere op die plaas geniet (Springbokke) en ook lekker gehengel in die rivier. Swellendam is gerieflik naby vir inkopies. Wilna se diens was voortreflik. Ons beveel die rusplek regtig aan.

Philippus H 
With spouse/partner
Met aankoms het ons die sleutel ontvang, als het vlot verloop, vriendlike, baie tuis gevoel.
Chris-Elle Cottage is ‘n rustige plekkie om af te pak. Vriendelike mense, netjies versorgde gastehuis/tuin/grasperke. Ons het heerlik met die eienares gesels oor die onthaal-venue, met die dat ons ‘n dogter het wat op trou staan. Sommer net ‘n lekker ontspanne atmosfeer.

Elzanne B 
With spouse/partner
Pragtige en rustige ligging. Vriendelike ontvangs. Naby aan restaurante en dorp geleë.
Ons het heerlike ontspan by Chris-Elle. Pragtige omgewing met die mooiste springbokke op jou voorstoep. Naby aan Swellendam. Veilige omgewing. Sal dit beslis aanbeveel vir ‘n wegbreeknaweek

Annelise N 
With spouse/partner
Rustig en heerlik!
Alles rondom die verblyf op Chris-Elle was 110% die moeite werd, die akkommodasie en omgewing was “stunning” en ek sal dit definitief aanbeveel vir elkeen wat ‘n wegkomkansie nodig het. Sal defnitief weer gaan kuier!

Jan Oosthuizen O 
With spouse/partner
Ongelooflike drie dae van saligheid.
Hoogs aanbeveel. Netheid, rustigheid en vrede.

Kobus O 
With spouse/partner
Most enjoyable stay
Owner even opened gate for us and we received friendly welcome. Most enjoyable stay. Will be recommended to all our friends

BESPREKING & NAVRAAG
[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next

Kontak:  0827730645

VOLWASSE: R80 pp/nag
KIND: 3-12jr: R40 pp/nag
KIND: 0-3jr: Gratis

KOTHUIS

Hierdie eenheid slaap 4-5 gaste.
Hierdie unieke losstaande kothuis het ‘n eenvoudige landelike gevoel. Die eenheid het ‘n dubbelbed en slaapbank in die oopplan-kombuisarea. Daar is 2 enkelbeddens in die slaapkamer. Linne en handoeke word voorsien, sowel as ‘n waaier, elektriese kombers en haardroeër. Die TV het beperkte DSTv-kanale. Die badkamer beskik oor ‘n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Gaste het toegang tot die braai-area buite en vuurmaakhout word voorsien.

BESKIKBAARHEID

CAMPOVAN

Slaapplek vir 2 gaste. 3 Karavane beskikbaar. Elke karavaan is pragtig gerestoureer en toegerus met beddegoed, handdoeke en braaigeriewe. Die karavaan beskik oor ‘n kombuisie met ‘n tweeplaatstoof. Die eethoekie kan omskep word in ‘n dubbelbed. Gaste maak gebruik van die ablusieblok wat sowat 30 m vanaf die karavane. Geen kinders onder 12 jaar oud nie. Die CampOVan is ‘n ideale oornagplek vir gaste oppad of na Kaapstad.

BESKIKBAARHEID

CABINS PETITE

Kom geniet die unieke ervaring in een va ons Petite Cabins, slegs 100m vanaf die Buffeljagsrivier. Kom voer die eende, die springbokke en Choppie die ‘klein’ varkie. Kom geniet skemerkelkies op die rivierwal. Daar is 2 cabons beskikbaar, elkeen met ‘n dubbelbed. Die badkamer beskik oor ‘n stort. Beddegoed, handdoeke, koffie, tee, suiker, verwarmer en waaier word voorsien.

BESKIKBAARHEID