Cederberg Oasis

Staanplekke is redelik privaat. Klein opset, nooit meer as 50 persone. Daar is 6 staanplekke, omring deur lemoenbome, met krag, ’n braaiplek en rietafdak. Hierdie pitstop tussen Op-die-berg en Wupperthal is veral onder motorfietsryers gewild.Restaurant & kroeg, DSTV vir sport Wyn, bier, vleis en hout ook te koop. Vanaf die N7: Draai af by Sederberg-bord tussen Citrusdal en Clanwilliam, 61 km na Oasis. Volg die borde vir Ceres. Vanaf Kaapstad: Neem die N1 in die rigting van die Paarl. Gaan na Ceres via Wellington of Worcester. In Ceres, ry deur en draai af by die 2de robot na links in die rigting van Prins Alfred Hamlet. Ry oor die Gydo-pas tot by die dorpie Op Die Berg. Draai regs by die Sederberg-bord en ry vir nog 17 km op die teerpad. By die grondpad hou links by die vurk en ry tot by Cederberg Oasis vir ongeveer 48 km.

BESIGHEDE