Buyskop Lodge
TIPE AKKOMODASIE: Kampplek
NAASTE DORP: Bela Bela (Warmbad)
STREEK: Waterberge
PROVINSIE: Limpopo
GPS: -24.878820, 28.312213
OMGEWING: Plaas
TARIEWE VANAF: R300
Kampplek Beskrywing
OORSIG
Kamp Staanplekke | 10 |
Persone Per Staanplek | 8 |
Troeteldiervriendelik | Nee |
Visvang | Ja – dam |
Swemplek | Kouewater swembad |
Grondbedeking | Gras |
Skaduwee | Gedeeltelik |
Toeganklikheid | Grondpad |
Selfoon Ontvangs | Ja |
BESKRYWING
Beskrywing | Buyskop Lodge is geleë aan die voet van die Waterberg en bied alles waarvoor die entoesiastiese kamper voor kan vra. Daar is 10 ruim staanplekke met pragtige uitsigte – geskik vir karavane of tente. Elke staanplek kan tussen 2 en 8 kampers akkomodeer. Die Kampterrein bied die ideale kampervaring vir natuurliefhebbers. Die staanplekke is goed uiteengesit en redelik naby aan die ablusiegeriewe. Elke staanplek het sy eie braai fassiliteite, lopende water en kragpunte (2 x 10 Amp en 1 x 20 Amp) per staanplek. Die nuwe ablusiegeriewe het ‘n grasdak en is rolstoelvriendelik en beskik oor storte, toilette en wasbakke. Daar is ook familiebadkamers beskikbaar met ‘n bad, stort, toilet, wasbak en fasiliteite vir baba’s. Die staanplekke is naby ‘n dam geleë waar die diere kom drink. Diere soos kameelperde, impala, kudu, bosbok en verskeie ander diere besoek gereeld die dam. Kom geniet gerus ‘n skemerkelkie by die dam terwyl die wild kom water suip. Die Kampterrein het ‘n heerlike swembad om in af te koel en ‘n speelparkie met swaaie en ‘n sandput om die kinders besig te hou. |
Aanwysings | Aanwysings: 5 km vanaf Warmbad (Bela Bela) op die Nylstroom Pad. Vanaf Gauteng: Neem die N1 Noord na Bela Bela (Warmbad). In Bela Bela, draai jy regs op die ou R101 pad vanaf Bela Bela na Modimole (Nylstroom). Ry 4.2km vanaf die robot by die Dros/Wimpy/Engen/Caltex. Kyk uit vir ‘n klein bordjie aan regterkant ‘Buyskop Lodge”. Ry oor die spoorweg en draai dadelik links. Die hek is sowat 200 m verder. |
AKTIWITEITE
Bergfiets roetes
Hengel
Speelpark vir kinders
Staproetes
Swem
Wildkyk
Voëlskyk
FASILITEITE
Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Nee
Familie Badkamers: Ja
Rolstoel Badkamers: Ja
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja
Kontak persoon | Die Bestuurder |
Kontak nommer | 0788171624 |