Bulshoek Farm
13 4.8

Bulshoek Farm

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Clanwilliam
STREEK: Sederberge
PROVINSIE: Wes Kaap
OMGEWING:  Dam Plaas
TARIEWE VANAF: R250

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 10
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja
Swemplek: Kouewater Dam
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING
Bulshoekfarm bied ‘n pragtige kampplek op die walle van die Bulshoekdam. Die kampplek is geleë op ‘n werkende plaas en is die ideale kampplek om te ontspan, in die water te baljaar en vis te vang. Daar is ook baie gerieflike selfsorg akkomodasie vir ‘n heerlike naweek weg van die geraas en bedrywighede van die stad. Hierdie kampplek is ‘n gewilde kampplek onder menige kampers!
Aanwysings:
Ry op die N7 na Clanwilliam vanaf Kaapstad. Draai regs af na die dorp en ry verby die dorp vir 20 km. Begin stadiger ry by die Bulshoekdam. Ons plaas is Die Vlei. Die bord is op die regterkant op ‘n groot yster hek. As jy Rondeberg sien, is jy verby. Ry deur die hek op die grondpad tot jy die wingerd sien, draai regs. Ry reguit verder, moenie afdraai tot voor die pad vurk nie. Daar is borde wat aandui om links te draai by die vurk. Die damhuis is links en die kampterrein verder regs.
AKTIWITEITE

Bergfiets Roetes: In die omgewing
Staproetes: In die omgewing
Hengel: Ja Visvang (Bass & Karp)
Swem: Ja
Speelpark vir kinders: Ja
Waterwurm: Nee 
vis swings swem stap fietsry

FASILITEITE

Gemeenskaplike Ablusiegeriewe: Ja
Privaat Ablusiegeriewe: Ja
Familie Badkamers: Nee
Rolstoel Badkamers: Ja
Donkie vir stook van water: Nee
Opwasgeriewe: Ja
Porta Potty geriewe: Ja
Kraan by Staanplek: Ja
Kragpunt: Ja
Karavaan Kragpunt: Nee
Eie Braai: Ja

braaitoilette-alles kraanwater krag stortbad

BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /


Previous
Next
Kontak persoon Die Eienaar
Kontak nommer 082 533 3995

SELFSORG

LOTZ-INN

The Lotz-Inn is ‘n groot huis. Ideaal vir ‘n familie of groep vriende. Die huis het privaat toegang op die wal van die Bulshoekdam. Die eenheid bied slaapplek vir 18 persone.
4 Slaapkamers (3 dubbel slaapkamers, 1 familiekamer met slaapplek vir 5 persone)
2 Buite Stal dubbel kamers
1 En Suite badkamer met ‘n bad en stort, 1 sentrale badkamer (slegs ‘n stort) en 1 buite badkamer. Die stalkamers het ‘n aparte buite toilet en stort area.
Oopplan leef-en aansit area
Tenvolle toegeruste kombuis
Gas stoof/oond
Mikrogolf
Lugreëling in die hoofslaapkamer, familiekamer en die leefarea
Beddegoed word voorsien
Patio met groot eet- en ontspannings area
Patio braai
Buite braai (rooster en braaitang word voorsien)
Groot grasperk voor en agter die huis
Launch area vir jou boot langs die huis

DAMHUIS

Bulshoekfarm_Damhuis_2Slegs sowat 3 meter van die water.
Die Damhuis kyk direk uit oor die Bulshoekdam.
2 Slaapkamers , 1 Badkamer met ‘n stort
Dubbel slaapbank
Warm water en elektrisiteit
Binne braai
Buite braai
Yskas
Stoof en mikrogolf
TV and DVD speler
Lugreëling in die hoofslaapkamer en die leef area

TENVOLLE TOEGERUSTE KARAVAAN

2 dubbel beddens (paslaken word voorsien, bring asb jou eie beddegoed)
Lugreëling
Breekware en eetgerei vir 4 persone
Mikrogolg en ketel
Gasstoof
Opwasarea
Hout meubels (stoele en tafel)
Braaigeriewe
Naby ablusie
Permanente skadu afdak en “windblock”
permanent shade coverage and wind block
Toegang tot die dam