Bridgetown Kampterrein
4 5

Bridgetown Kampterrein

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Moorreesburg (18km)
STREEK: Swartland
PROVINSIE: Wes Kaap
OMGEWING:  Rivier Plaas
TARIEWE VANAF: R120

Kampplek Beskrywing

OORSIG

Kamp Staanplekke: 4
Persone Per Staanplek: 4 max 6
Troeteldiervriendelik: Nee
Visvang: Ja by die rivier
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras
Skaduwee:Gedeeltelik
Toeganklikheid:  Grondpad
Selfoon Ontvangs: Ja
geen-honde visswemselfoon-ontvangstent karavaan campervan

BESKRYWING

Dié terrein spog met ‘n uitsig oor die rivier, omliggende landerye en berge met elke seisoen in ‘n ander palet – van sneeuwit winterberge tot geelryp koring in die somer. Die toeganklikheid tot die rivier maak dit ‘n gewilde kampeerterrein vir oud en jonk veral vir dié wat van watersport en visvang hou.

Die uitgestrekte terrein kan tot 100 mense huisves en word bestuur deur die NG Kerk, Moorreesburg. Boonop bied Bridgetown ‘n ryk voëllewe – van visarende tot bloukransvoëls. Vir fietsryers en stappers is daar verskeie opwindende roetes.

Die kamers het ‘n lieflike uitsig oor die rivier en berge, en het ‘n groot grasperk voor waar vlugbal gespeel kan word. Die terrein leen hom absoluut tot groepe en spanbou-uitdagings! Langs die rivier is ‘n skaduryke bloekombos wat ideaal is vir paintball en skattejag.

Die kampteererrein beskik ook oor ‘n hindernisbaan wat sorg vir pret en opwinding. Die saal langs die kombuis is geskik vir lesings, filmvertonings en binneshuise speletjies. Bridgetown is dus die ideale kampeerterrein vir kerk-, skool- en studentegroepe. Dis net so geskik vir mense wat net wil wegbreek en die rustigheid van die natuur geniet.

Bridgetown huisves jaarliks die kanovaarders, borge en ondersteuners van die Bergrivier- en Swartland kanomarathon.

Aanwysings
Die kampterrein is geleë op die oewer van die Bergrivier, ongeveer 19km vanaf Moorreesburg. Ry met die N7 tot by Moorreesburg, draai op die Gouda teerpad af. Draai links af by die “Bridgetown”-bord. Volg die teerpad tot by die volgende BRIDGETOWN bord. Draai dan regs op die grondpad en weer regs na ongeveer 3km by die “KAMP” aanwysing.
AKTIWITEITE
Bergfiets roetes
Hengel
Staproetes
Swem
Aktiwiteite
Aktiwiteitsbaan beskikbaar vir speletjies. Indien u die aktiwiteitsbaan huur kan u die dienste van die opsigter gebruik vir die aanbieding van die speletjies.
Volleyball: Op die grasperk is n “Volleyball” baan en net. Bring u eie bal.
Ander aktiwiteite sluit in: “paintball” of skattejag in die bos, watersport op die rivier en visvang. Daar is ook stap- en fietsry roetes deur die lande. Bring asb. u eie benodigdhede vir die verskillende aktiwiteite. Lig asb. die opsigter vroegtydig in, as u wil gaan stap of fietsry,
want dit moet vooraf gereël word.
FASILITEITE
Gemeenskaplike ablusiegeriewe
Opwasgeriewe
Kragpunt
Gemeenskaplike kombuis
2 kragpunte beskikbaar
Die kombuis is ruim en het n groot tafel, n dubbele wasbak, n stoof, 4 plaat branders, 3 yskaste, n vrieskas, mikrogolfoond, urn, groot kas en kombuisware soos potte, panne, klitsers, groot lepels, groot opskep bakke. Kampeerders moet hul eie eetgerei, vaddoeke, skoonmaak middels en ekstra swart sakke voorsien. Warm en koue water is beskikbaar.
BESPREKING & NAVRAAG

Navrae word direk aan die oord gestuur

[]
1 Step 1
Bespreking, Kwotasie of Navrae
Naamnaam en van
Telefoon Nommerselfoon of telefoon
Datumvanaf
Datumtot
Volwassenesaantal ?
Kindersaantal?
Ouderdom van Kinders
Kommentaarspesiale versoeke of navrae
0 /
Previous
Next
Kontak persoon Santa Smit
Kontak nommer 083 940 7994

SELFSORG

SELFSORG

Gastehuis
Die gastehuis wat omring is deur groot bome, het 3 slaapkamers waar 8 persone kan slaap, n kombuis met n 3 plaat brander, sitkamer, binne stort/toilet, buite stort/toilet en buitebraai. Kampeerders moet hul eie beddegoed voorsien.

Kamers
Daar is 8 kamers waar 72 persone kan slaap. Die kamers het n lieflike uitsig oor die rivier. Aan die agterkant van die kamers is lieflike koeltebome. Kampeerders moet hul eie beddegoed voorsien.
In die geval van ekstra groot groepe kan die solder bokant die kombuis/saal ingerig. Daar is nie beddens beskikbaar nie, maar wel matrasse.