Dankie

Bonamanzi Game Reserve

TIPE AKKOMMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Hluhluwe
STREEK: Zululand
PROVINSIE:KwaZulu-Natal
GPS:28.03268 S 32.17389 E
OMGEWING: Plaas Natuurreservaat

Kampplek Beskrywing

Bonamanzi Game Reserve

Bonamanzi Game Reserve bied ‘n pragtige kampterrein in die Sand Forest.  Die kampterrein bied vir die kampeerder rustigheid en rus vir jou siel.  Daar is oorvloedige voëllewe en jy kan nie nader aan die natuur kom as wanneer jy by Bonamanzi kamp nie.  Daar is ‘n verskeidenheid kampplekke om van te kies – vanaf staanplekke uitgesit vir algehele privaatheid tot kampplekke wat ideaal is vir ‘n groep kampeerders wat saam wil kamp.  Sommige kampplekke het gemeenskaplike ablusiegeriewe en dan is daar ook kampplekke wat hul eie privaatr ablusiegeriewe het.  Bonamanzi Game Reserve is beslis die moeite werd om te besoek!

Hlangana 1 – 6: Hierdie staanplekke is in ‘n U vorm uitgesit. Elke staanplek is lekker groot. Daar is ‘n gemeenskaplike kuier-area/braai area in die middel van die kamp sowel as gemeenskaplike ablusie en opwasgeriewe. Elke staanplek het 220V krag.

Executive 7 – 10: Hierdie kampplekke is binne 2 minute se stap vanaf die swembad. Elke staanplek is baie ruim en het sy eie ablusie. Elke privaat ablusie beskik oor ‘n klein kombuis, stort, wasbak en toilet. Elke staanplek het 220V krag en ‘n geboude braai.

The Oval 11 – 16: Die kampuitleg is in ‘n sirkel. Elke staanplek is baie ruim en het sy eie ablusie. Elke privaat ablusie beskik oor ‘n klein kombuis, stort, wasbak en toilet. Elke staanplek het 220V krag en ‘n geboude braai.

Rustic 17 & 18: baie rustiek: Hierdie 2 kamppleke is baie privaat. Die gemeenskaplike ablusie is rustiek maar netjies. Daar is ook ‘n gemeenskaplike kombuis en braai., kommunale kombuis, ablusie en braai.

Forest Kamp 9 & 20: Hierdie 2 staanplekke is ideaal vir families. Daar is gemeenskaplike kombuis en elke staanplek het sy eie privaat ablusie en braai.

Forest Kamp 21 & 22: Hierdie 2 staanplekke word van mekaar geskei deur ‘n ablusieblok en bied dus privaatheid vir die kampeerder. Elke staanplek het sy eie privaat ablusie en braai. Die 2 staanplekke deel ‘n gemeenskaplike kombuis.

Forest Kamp 23 & 24: Hierdie 2 staanplekke word van mekaar geskei deur ‘n ablusieblok en bied dus privaatheid vir die kampeerder. Elke staanplek het sy eie privaat ablusie en braai. Die 2 staanplekke deel ‘n gemeenskaplike kombuis.

Vanaf Durban, neem die N2 en ry vir 218km. Neem die Bushlands afrit en ry vir 1.7 km. Draai links en ry vir 4km. Bonamanzi is aan jou regterkant. Ry oor treinspoor.