4.1/5 - (34 votes)

Beaverlac

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP:  Porterville (25km)
STREEK: Swartland
PROVINSIE: Wes Kaap
GPS: S 32.90802 E 19.06698
OMGEWING:  Plaas Rivier
TARIEWE VANAF: R65

Camping

Kampplek Beskrywing

Kamp Staanplekke
Persone Per Staanplek: 4
Troeteldiervriendelik: Ja
Visvang: Ja
Swemplek: Rivier
Grondbedeking: Gras/Grond
Skaduwee:Ja
Toeganklikheid:  Grondpad
visswemtent karavaan campervanhonde

SELFSORG

AFRICA
Oornaghut by die Ratelrivier, sowat 6 km vanaf die kampplek. Bring al jou benodigdhede saam – jy sal dit oor die rivier moet dra. Die huisie het 4 enkelbeddens, ‘n tafel en stoele in die hut. R250.00 vir 4 persone per nag.

BUTCHERBIRD
Hout hut met die beste uitsig in die kampplek. Gas stort vir warm water. Geen toilet of wasbak (maak gebruik van gemeenskaplike ablusie). Basiese eetgerei, breekware ens. Elektrisiteit, yskas en tweeplaat stofie. R250.00 vir 2 persone per nag.

CAMELOT
Hout hut met 2 kamers. Elektrisiteit, yskas en tweeplaat stofie. Basiese breekware, eetgerei en potte. R300.00 vir 6 persone per nag.

M&J
Klein hout hut met ‘n dubbelbed. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. Elektrisiteit en yskas. R220.00 vir 2 persoen per nag.

MOONRISE
Semi-detached kliphuis (net Sunrise) in die boord. Elke huisie het sy eie badkamer met ‘n kouewater stort, toilet en wasbak. Geen elektrisiteit, bring jou eie lampies. Gas yskas en stoof. Vuurherd in die huisie. Basiese breekware, eetgerei en potte. Pragtige uitsigte. R250.00 vir 4 persone per nag.

PATAT
Hout hut met ‘n dubbelbed. Elektrisiteit en yskas. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. Gebruik gemeenskaplike ablusiegeriewe. R220.00 vir 2 persone per nag.
PIXIE HUT
Klein houthut met ‘n ¾ bed – geskik vir 1 persoon. Basiese breekware, eetgerei, potte, tweeplaat stofie, elektrisiteit en yskas. R150.00 per persoon per nag.

SKILPAD
Hout hut met ‘n dubbelbed. Elektrisiteit en yskas. Op die rant van die kampplek. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. Gebruik die gemeenskaplike ablusiegeriewe. R220.00 vir 2 persone per nag.

SOUTHFORK
Hout hut met 2 kamers. Elektrisiteit en yskas. Basiese breekware, eetgerei, potte en tweeplaat stofie. R300.00 vir 6 persone per nag.

STONE FLAT
Hierdie eenheid is langs die winkel geleë. Elektrisiteit, yskas en tweeplaat stofie. Badkamer met warmwater en toilet. R250.00 vir 2 persone per nag.

SUNRISE
Semi-detached kliphuisie (met Moonrise) in die boord. Badkamer met kouewater stort, toilet en wasbak. Geen elektrisiteit, bring jou eie lampies. Gas stoof en yskas. Vuurherd in die huisie. Basiese breekware, eetgerei en potte. Mooi uitsig vanaf die eenheid. R250.00 vir 4 persone per nag.

** BRING JOU EIE BEDDEGOED VIR DIE SELFSORG EENHEDE**