At Kronenhof lodge
Kampplekke
At Kronenhof lodge het 4 private kampplekke met eie ablusies met solar geysers en 220v krag en 220 v ligte, braai plek en lopende water by elke kampplek. met gesamentlike swembad vir private kampers.
Gesamentlike kampplekke: 3 kampplekke wat tot 25 mense kan huisves. kamplekke het 220v krag en ligte en elke kampplek het lopende water met ‘n braai plek en wasgoed draad. Gesamentlike ablusie met gas geysers en opwas area
Selfsorg
At Kronenhof lodge het 5 selfsorg eenhede wat 2 3/4 beddens in het. Elke kamer het n binne braai met n kombuis met al die nodige breek goed in, yskas/vrieskas in elke eenheid, elke kamer het n en-suite badkamer en elke kamer het lugverkoeling in.
Elke kamer kan 2 volwasse vat en daar kan n ekstra opvou bed in gesit word.
Kamer kos N$ 750 per persoon per nag
Kinders 6 – 12 jaar half prys
Aanwysings: Die lodge is 210 km van Aus en 160 km Sesriem op die C27, 30 km van die D707 en 30 km van Duwisib kasteel.
Ons is 110 km van Helmeringhausen. Die naaste petrol stasie(betta) is 10km van die Lodge af