Kaas en Bier Potbrood

Meng sommer in 3 poot potjie die volgende:
1 x 1kg pak broodmeelblom,
2 x sakkies kits suurdeeg,
sout,
1 groot eier,
1 eetlepel olyfolie
bietjie knoffel,
halwe koppie louwarm water
1 botteltjie bier.

• Meng alles goed en deeglik saam. Roer dan gerasperde kaas in hierdie mengsel.
• Laat die potjie op ‘n warm plek rus vir so ‘n halwe uur.
• Maak nou ‘n behoorlike vuur in ‘h holte in die grond aangesien die potjie van alle kante af moet hitte kry.
• Nou behoort jou potjie lekker klaar te gerys het en die kole al lekker mooi warm.
• Krap nou die kole weg sodat daar net ‘n paar koletjies rondom die pot oorbly, maar dit moet nie direk aan die pot raak nie.
• Sit ‘n paar kole nou bo op die deksel, en dan kan jy maar die pot sy gang laat gaan vir minstens ‘n halfuur.
• Na ‘n halfuur kan jy maar loer of die potjie warm genoeg is en nog kole bykrap indien daar kort.
• Nou vir die laaste halwe uur. Indien jy wil kan nog gerasperde kaas bo-op gestrooi word vir nog ‘n ekstra lekkerte.
• Gooi die broodjie uit en smeer bietjie botter/margarien bo-op en geniet sommer so warm met braaivleis.