JURGENS XT 65 TRAILER

Lekker Kampplekke het die naweek die Jurgens XT65 gaan uittrek by Campworld in Mosselbaai. Sonder om nog ver te ry het ons gaan aanklop by ATKV Hartenbos en sommer dadelik ‘n lekker kampstaanplek by die baie gewilde E blok gekry.

Ons het seker gemaak ons Howling Moon trailer tent se deurtjie maak na die seefront oop sodat ons die pragtige uitsig van Hartenbos se strand kon geniet.

Sonder enige moeite en met groot gemak, kon ons in ‘n japtrap die tent opslaan en was ons reg vir kamp.  Volgens my is die Jurgens XT65 die perfekte waentjie vir ‘n lekker naweek se kamp.

Die Jurgens XT65 se agterdeur maak groot oop.  Daar is ‘n 2 plaatstofie teen die deur gemonteer.  Aan die agterkant van die trailer trek ‘n groot dubbeldeur kamp-yskas uit.

Daar is een deurtjie aan die sykant van die trailer wat ook na die binnekant van die tent oopmaak.  Dit het ‘n uittrek laai waarin  2 kratte gemaklik pas en waarin jy al jou kombuis gereedskap kan bêre. Die deurslotte is gelyk met die deur wat verhoed dat dit aan jou kampklere hak.  Die skaniere van die deurtjies is groot en sterk. Die trailer het ‘n groot deksel wat maklik oopmaak met die hulp van twee “gas studs”  Tot my verbasing was die trailer heeltemal ingerig vir 220- en 12v.

Na die naweek het ek die waentjie aan my 2016 Isuzu 250D-TEQ gehak en baie gemaklik op die die N2 vir ongeveer 160km gesleep. Ek moes myself gereeld herhinder dat ek ‘n waentjie sleep.

Vir meer inligting oor al die tegniese aspekte van die  boswa klik HIER