5.0
01

Hoender in Bier

2 e botter
1 e kookolie
125 g spek, in blokkies gesny
2 gekapte uie
2 gekapte knoffelhuisies
1 gekapte wortel
1 gekapte selderystingel
1 hoender, in porsies gesny
1 t origanum
1 t sout
‘n paar draaie van die swartpeperpot
1 blikkie bier
3 bakhande knopiesampioene
1 stewige hand vol gekapte vars pietersielie

Maak jou pot warm soos hierbo verduidelik. Voeg botter en olie by.
• Braai spek in pot tot dit so lekker bruinerig bros is, haal uit en hou eenkant. Braai ui, knoffel, wortel en seldery oor die hitte, skep uit en hou eenkant.
• Braai hoender tot lekker bruin. Plaas pot op koeler kole wat die hitte vir die res van die kookproses gaan verskaf.
• Gooi jou spek, uie, seldery, wortel en knoffel terug in pot saam met origanum, sout en peper.
• Gooi bier uit oor die bestanddele, sit deksel op en sorg dat jou waaksame prutproses begin.
• Loer kort-kort, maar moenie roer nie. Jou hoender hoort binne anderhalfuur reg te wees om van die been te val. Voeg sampioene en pietersielie by, laat prut vir nog 15 minute, en siedaar! (Verdik die sous as jy wil.)