Gradeer die plek

Groente bygereg vir braai

Neem ‘n groot stuk foelie en sit vars groente van jou keuse, opgesny, in die middel. (Uie, wortels, patats, kool……)
Gooi ‘n koppie of twee wyn oor en kruie na smaak.
Vou toe en bak oor matige vuur vir sowat 30 min. – draai “pakkie” so twee maal om gedurende hierdie tyd.
Groente kan net so voorgesit word, of vir variasie, maak die pakkie oop en los aan kant van vuur, gooi ‘n handvol gerasperde kaar bo-oor en bedien sodra kaas gesmelt het.