Goue Genot

2 dik snye witbrood in repe gesny
1 e vanieljegeursel
1 k melk
2 e botter of margarien
2 e goue stroop
1 klein blikkie room

• Week die brood in die geursel en melk. Smelt die botter en stroop in ‘n pan en braai die broodrepe tot goudbruin, maar steeds sag. Sit warm voor met room.