4.5/5 - (4 votes)

Tyd vir Glamping

Tyd vir Glamping

Grootvadersbosch 20km van Heidelberg Wes-Kaap

Ons het die voorreg gehad om by Grootvadersbosch se nuwe glamping tente te gaan ontspan – wat ‘n lekkerte!

Daar is 5 glamping tente beskikbaar – elkeen op ‘n dek gebou. Die tente het die mooiste uitsig oor die berge.

Die tente bestaan uit 2 slaapkamers met ‘n leefarea wat die 2 areas van mekaar skei. Die leefarea het ‘n tafel met stoele sodat gesinne lekker om die tafel saam ‘n ete kan geniet. Die een slaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede slaapkamer het ‘n enkelbed met ‘n uittrek-bed (maks 70kg). Daar is ook ‘n gemakbank in die tweede slaapkamer. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Cape Nature glamping tent

Die belangrikste is natuurlik die braaiplek…lol. Daar is ‘n lekker groot braai-put op die dek. Die ablusiegeriewe bestaan uit ‘n aparte toilet en wasbak. Die tent waarin ons gekamp het, Stinkhout, het ‘n oop-dak stort gehad – twee van die ander tente het ook ‘n oopdak-stort (Red Alder en Seqouia). Daar is van die eenhede (Boekenhout en Yellowwood) wat egter ‘n toe stort het. Die kombuis beskik oor ‘n yskas, mikrogolf, ‘n induksiestoof, broodrooster, breekware en eetgerei.

Die nuwe glamping tente is beslis ‘n aanwins vir Grootvadersbosch – ideaal vir gaste wat die kampervaring met ‘n bietjie luukse gerief wil geniet. Maak gerus ‘n bespreking – Lekker Kampplekke beveel gerus hierdie glamping tente aan ons kliënte aan.

Algemene inligting

Kantoor ure: 07:00–16:00

Tel: +27 (0)28 492 0001

Permit bespreking Tel: 087 087 8250

Cape Nature Webwerf

Visits: 15352