Gemmerpotjiepoeding

Sous
Gooi die volgende in ‘n groot kastrol:
3½ kop water
1¼ kop suiker
2 teel gemmer

• Roer terwyl dit warm word tot suiker opgelos is en kook dan vir ‘n paar minute

Beslag
½ kop margarien
½ kop appelkooskonfyt
2 teel koeksoda
1½ kop koekmeel
knippe sout

• Smelt margarien & konfyt saam – Haal van stoof af
• Voeg koeksoda, sout & meel by – Meng deeglik
• Skep teelepelsvol in kokende stroop
• Sit plaat op laag en prut vir ± 20 minute
• Bedien met dun vla of roomys

Variasies:
• Voeg ‘n koppie gesnipperde dadels by die konfyt en margarien
• Gemmer kan weggelaat word