Gebottelde slaaie vir wanneer jy gaan kamp

Gebottelde-slaaie is die vinnigste kampkos wenk as jy gaan kamp. Die lekker resepte vir wanneer jy rondrits en die beste kampplekke in en om Suid-Afrika besoek.

Skulpie Noedel Slaai

Skulpie Noedel Slaai:
3 groot uie
2 groen soetrissies
¼ K kookolie

Kap die uie en die groen soetrissie in redelik klein blokkies en plaas hulle in ‘n redelik groot pot. Braai tot sag.
1 kg tamaties
1 K suiker
1 K /asyn
1 ½ t sout

Kap die tamaties in klein blokkies en voeg dit by die uie en die soetrissie. Gooi nou die res van die bestandele by en kook vir 15 min.
500 g skulpnoedels
Kook die noedels in ‘n aparte pot terwyl die sous kook. Dreineer die noedels en meng alles koken bymekaar en voeg by:
½ Bottel goeie mayonnaise
Bottel dadelik kokend warm.

Kerrie Bone Slaai:

Kerrie Bone Slaai:
2 kg groenbone
500 g uie
1 t sout
3 k suiker
3 E maizena
1 t borrie
3 K asyn

Sny die punte van die groenbone af en kerf hulle redelik fyn, kerf nou die uie fyn en voeg dit by die bone in ‘n pot en kook tot gaar. Dreineer. Voeg nou al die res van die bestandele by en bring tot kookpunt. Kook alles saam vir 10 minute tot dit lekker dik is – bottel kokend.

Kerrie Perske Slaai:

Kerrie Perske Slaai:
3 kg kakemas perskes
1.5 kg uie
2 K wit asyn
2 E Kerrie
1t borrie
2 E Maizena

Skil en sny die perskes in halwes. Sny die uie in ringe en soteer mer ‘n bietjie kookolie tot net sag. Voeg alles behalwe die perskes en Maizena bymekaar in ‘n groot pot. Kook goed deur en voeg perskes by en kook 5 min, verdik met maizena en bottel kokend.

Rooi slaphakskene:

Rooi slaphakskene:

1.5 kg klein pekeluitjies
1 K pitlose rosyne of sultana’s
½ K suiker
1 K asyn
1 K water
1 blikkie tamatiepasta
50 ml kookolie
½ t sout
Knippie rooipeper

Skil piekeluitjies deur hulle in warm water te week, dit maak die skilletjie taai, dank an mens dit skil sonder om van die ui self weg te skil. Prut alles stadig vir 1 ½ uur, verdik met bietjie maiena indien verkies en bottel kokend.

Beetslaai:

Beetslaai:

1.5 kg beet
2 K water
2 K asyn
2 K suiker
500g uie
2 ml sout
2 ml naeltjies
2 ml gemmer

Kook beet tot gaar, laat afkoel en skil dit dan.Sny, raper of hou die bete heel. Kap nou die uie in kleinerige blokkies. Voeg al die bestandele nou bymekaar en prut alles vir 10 min en bottel kokend

Mostert uie:

Mostert uie:

3 kg pekeluitjies
5 K suiker
5 E maizena
6 E Mostert poeier
1 ½ t sout
12 ekstra groot eiers
3 K wit asyn

Skil die piekeluitjies nadat dit geweek het in lou water. Plaas in ‘n groot pot en kook tot net sag. Dreineer. In die tussentyd, kook al die bestandele behalwe uie tot dik, voeg uie by en bring tot op kookpunt, bottel kokend.

Kerrie noedel slaai:

Kerrie noedel slaai:

1 kg uie
2 groen soetrissies
¼ k kookolie

Kap die uie en die groen soetrissie in klein blokkies, plaas in ‘n groot pot saam met kookolie en braai saam tot uie sag is maar nie bruin nie.

3 t opgehoop Kerrie
1 t borrie
1 Gr blik perskes
1 K suiker
1 K asyn
1 ½ t sout

Kap die perskes in klein blokkies en voeg dit saam met die sous uit die blik by die uie en die soetrissie. Voeg nou die res van die bestandele ook by. Kook alles 15 min lank.

500g skroegnoedels

Terwyl die sous kook, kook solank die noedels tot gaar in ‘n bietjie water, dreineer en voeg dan by die kokende sous. Meng alles saam en voeg by:

½ bottel mayonnaise

Bottel kokend.

Aartappel slaai:

Aartappel slaai:

2 kg aartappels
2 groot uie
500g uie – kookolie vir braai
¼ K suiker
2 t sout
50 g agurkies
Peper en rooipeper na smaak
2 K mayonnaise

Skil en sny die aartappels in blokkies 2×2 cm en kook aartappels gaar. Kap die uie en plaas in ‘n groot pot met beitjie olie, braai hulle tot hulle sag is maar nie bruin nie. Kap die agurkies in kleinerige blokkies of in ringe as dit klein agurkies is. Voeg suiker, sout en agurkies saam met 2 E water by die uie en bring tot kookpunt. Meng nou die aartappels daarby, maal seker dat die aartappels ook nog kokend is voordat die mayonnaise bygevoeg word. Voeg nou mayonnaise by en roer vinnig deur. Bottel kokend.

Sousbone:

Sousbone:

2 K droë bone
2 E suiker
1 E sout
2 E maizena
½ K wit asyn

Gooi die droë bone die aand voor die tyd in warm water en week dit, die volgende oggend was die bone goed af tot die water skoon afloop. Kook bone stadig vir 2 ure tot sag, dreineer en voeg al die ander bestandele by en kook deur. Bottel kokend.

3 Bone slaai

3 Bone slaai

5 blikkies “baked beans”
5 blikkies botter bone
5 blikkies groenbone
2 groen soetrissies
5 groot uie
250 g sultana’s
2 K wit asyn
2 K sonneblom olie
2 K Suiker
1 E sout

Dreineer al die blikke bone, in die tussentyd, kap die soetrissie en die uie sag en sit in ‘n groot pot. Voeg nou alles behalwe die verskeie bone by en kook dit goed deur. Voeg bone by en bring tot kookpunt en bottel kokend.

Groente slaai:

Groente slaai

1 kg “stirfry” groente
2 uie
2 groen soetrissies
500g gevriesde soetmielies
1 blikkie pynappel stukke
1 K suiker
2 t sout
2 t Kerrie
1 t borrie
3 E appelkoos konfyt
2 E maizena

Sny die uie in ringe en sny die soetrissie in lang repe. Gooi nou al die groente in ‘n groot pot. Voeg al die ander bestandele by behalwe die maizena. Hou so bietjie van die vloeistof eenkant om te meng met die maizena en maak dan ‘n pasta daarmee. Voeg nou laaste mielieblom (maizena) by en bottel kokend.

Botterskorsie slaai

Botterskorsie slaai:

1 kg botterskorsie
2 groot uie
2 K asyn
2 blikke pere
1 Blik pynappel stukke
1 K suiker
1 t sout
1 t borrie
3 opgehoopte lepels Kerrie
2 E maizena

Skil die botterskorsie en sny dit in blokkie 2×2 m, kook tot gaar. Skil en sny die uie in ringe. Sny die pere in blokkies. Behou die souse van die pere en pynappel en meng dit met die maizena. Meng alles en kook goed deur, bottel kokend.

Hierdie sousie moet spesiaal genoem word, hiersonder kan mens nie vakansie hou nie, dit is wat op die worsbroodjies gekom het, op die pap, by die blikkies “Bullybeef” ingemeng word vir die lekkerste “cowboy” kos. Dit is voorwaar veelsydig.

Die beste tamatiesous ooit

Die beste tamatiesous ooit

4 kg tamaties
1 kg uie
3 K suiker
2 K asyn
2 soet groenrissies

Skil die tamaties deur ‘n kruis te maak met ‘n skerp mes en dan kookwater oor te gooi. Die skille trek dan maklik af. Kap die uie en die soetrissie baie klein. Kook alles saam vir 1 uur en voeg dan by:

2 E Mostert
2 E Kerrie
2 E sout
2 E opgehoopte meel
1 K asyn
1 t fyn rissie poeier

Kook nou alles weer saam vir 10 min en bottel kokend.