Forever Resorts

Swadini A Forever Resort

Swadini A Forever Resort is deel van die Forever Resort Groep en het ‘n 3 ster gradering. Die oord is afgesonder aan die voetenent van die Blyderivier Canyon en op die oewer van die Blyderivier. Hierdie pragtige oord is beslis die moeite werd om te besoek!!
Swadini A Forever Resort het ‘n pragtige Kampterrein. Daar is 189 gras kampplekke (8 persone per staanplek). Al die kampplekke het elektrisiteit. Daar is genoegsame skaduwee. Die oord word omring deur pragtige berge. Mariepskop troon bo die oord. Daar is 6 pragtige ablusieblokke – elke ablusieblok het wasmasjiene.Daar is ‘n lekker verhitte swembad wat natuurlik ‘n groot trekpleister is vir die kuiergaste.

Plettenberg Forever Resort

Plettenberg Forever Resort, is geleë in die hartjie van die Tuinroete, sowat 6km vanaf Plettenbergbaai.

Die pragtige oord het ‘n 3 ster gradering en is naby die mond van die Keurboomsrivier geleë. Daar is sowat 33 kampplekke langs die rivier en ‘n verdere 83 standaard staanplekke. Al die staanplekke het elektrisiteit, bring asb die karavaan kragprop saam vir die elektrisiteit. Die karavaan kragproppe kan ook aangekoop word by ontvangs of by die sekuriteitskantoor. Van die staanplekke het gras en ander het plaveisel. Maks 8 persone per staanplek. Kinders 6 jaar en ouer word as ‘n ekstra persoon op die kampplek bereken.

Badplaas A Forever Resort

Badplaas, A FOREVER RESORT is geleë aan die voet van die Hlumuhlumu-berge. Al is die warmwaterbron sonder twyfel die hoof-trekpleister, bied hierdie oord ook ‘n magdom ander aktiwiteite en geriewe.

Die oord beskik oor 48 hotel kamers en 161 log cabins, chalets, rondawels en gastehuise. Vir kampers is daar sowat 300 kampplekke om van te kies. ‘n Groot verskeidenheid aktiwiteite word by die oord aangebied vir oud en jonk om te geniet!

Blyde Canyon A Forever Resort

Blyde Canyon, A FOREVER RESORT biede pragtige uitsigte oor die Blyde River Canyon, die derde grootste “canyon” ter wêreld. Hierdie oord het ‘n 3 –en 4ster gradering en is slegs sowat 160 kilometer vanaf Nelspruit en 50 kilometer vanaf Graskop geleë. Blyde Canyon, A Forever Resort is die ideale pitstop vir uitstappies na Pilgrim’s Rest en ander pragtige besienswaardighede in Mpumalanga.

Gariep A Forever Resort

In die hartjie van die Vrystaat, sowat 200km vanaf Bloemfontein en oppad na die Kaap sal jy vir Gariep raakry. Aangewys as Dorp van die jaar 2010 is dit nie moeilik om te verstaan hoekom jy so ‘n bietjie langer hier wil aanbly wanneer jy die gasvryheid ervaar nie.

Gariep bied 106 kampplekke, elkeen met elektrisiteit. Hierdie kampplekke word gediens deur 2 netjiese ablusieblokke. Daar is ook 16 luukse kampplekke wat elkeen sy eie ablusie het.

Tshipise Forever Resort

Tshipise Forever Resort is in die pragtige Limpopo provinsie geleë en bied ‘n 3 ster gradering. Tshipise beteken “iets warm” en die Tshipise koppie troon beskermend oor die oord.
Die oord bied heeljaar ‘n sonnige klimaat en die warmwater bron is ‘n groot aantrekking na die oord. Die oord is slegs ‘n klipgooi vanaf Beit Bridge (oppad van en na Zimbabwe) en die Kruger Nasionale Park.

Die oord bied ‘n heerlike kampplek. Elke staanplek het elektrisiteit, maar bring asb ‘n karavaan kragprop saam wanneer jy kom kamp. Daar is ook karavaan kragproppe beskikbaar by die winkel by die oord of by die sekuriteitskantoor.

Warmbad A Forever Resort

Warmbad A Forever Resort bied 285 kampplekke met elektrisiteit. 60 van hierdie kampplekke word as luukse kampplekke geklasifiseer. Die kampplekke word deur 8 ablusieblokke gediens.

Phalaborwa Safari Park Forever Resort

Phalaborwa Safari Park Forever Resort bied ‘n 3 ster oord, slegs 100m vanaf die Phalaborwa hek na die Kruger Nasionale Park. Hierdie oord is ‘n lushof in die Limpopo provinsie.

Die kampterrein beskik oor 45 kampplekke, almal met elektrisiteit. Daar is 2 netjiese ablusieblokke beskikbaar in die kampterrein.Behalwe vir ‘n kampterrein, bied die oord ook pragtige selfsorg akkomodasie. Die tweeslaapkamer selfsorg eenhede het almal lugversorging en privaat buite storte.Kom kuier gerus by Phalaborwa Safari Park met jou volgende besoek aan die Kruger Nasionale Park.

Loskopdam, a Forever Resort

Loskopdam, a Forever Resort, is een van die gewildste kampplekke in Mpumalanga, slegs 48km Noord vanaf Middelburg. Die oord het ‘n ster gradering en bied uitstekende geriewe vir die kieskeurige kamper. Die oord bestaan uit ‘n karavaanpark met 252 staaplekke (146 met kragpunte en 106 sonder krag). Daar is 7 netjiese ablusieblokke met ‘n selfhelpwassery en ‘n kiosk. Die karavaanpark is stapafstand vanaf die dam. Daar is baie aktiwiteite om die kampers besig te hou tydens hulle vakansie by Loskopdam. Kom geniet ‘n bootvaart met sonsondergang of kom deel in die vele ander aktiwiteite wat hierdie spog oord jou bied. Daar is ‘n verskeidenheid van selfsorg, wat 39 oulike houthutte, 18 chalets, 8 familie huise en ‘n 3 slaapkamer gastehuis insluit.

Waterfall, A Forever Lodge

Waterfall, A Forever Lodge is ‘n 3-ster-lodge in die Kranspoortberge tussen Middelburg en Loskopdam in Mpumalanga. Dié lodge is ideaal vir vakansiegangers en sakelui wat op soek is na ‘n heerlike wegbreekplek met heelwat doendinge op die perseel.

Ons het 7 houthuisies en 5 kampeerplekke. Die huisies is ideaal vir paartjies, vriende en gesinne.