Forever Resorts
Forever Resorts bied die kieskeurige reisiger ‘n uitstekende verskeidenheid drie-, vier- en vyfster-akkommodasie-opsies wat strategies geleë is in belangrike gebiede in Suid-Afrika, naamlik Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat en die Wes-Kaap. Die groep bied iets vir elke reisiger: luukse lodges, avontuurvakansies, selfsorgvakansies, karavaan en kampeer, konferensies, troues, funksies, hidro’s, skoonheidspa’s, staproetes, bootry, visvang, eko-avonture, waterparke en soveel meer ! Besoek www.foreversa.co.za vir meer inligting oor die groep en hul aanbiedinge.
Swadini A Forever Resort
Forever Swadini is geleë in die Blyde Rivier Canyon Natuurreservaat tussen die pieke van die Drakensberg naby die grens van albei die Limpopo en Mpumalanga provinsies. Driester akkommodasie sluit in 220 Kamp en Karavaanstaanplekke, ’n aantal luukse Kampeerplekke en 78 selfsorg Chalets. As gevolg van die ligging van hierdie Oord is daar ’n verskeidenheid van aktiwiteite op die Oord en in die omgewing wat die hele gesin akkommodeer; hetsy hulle wil ontspan langs die verhitte swembaddens en of hulle die omgewing, en natuur wil verken.
Plettenberg Forever Resort
Die Forever Plettenberg Oord is ’n ware juweel van die beroemde Tuinroete. Die Oord bied gaste baie meer as net driester akkommodasie aan, dit sluit in ’n natuurlike ervaring weg van die gewoel van die stadslewe. Forever Plettenberg is geleë op die oewer van die Keurboomsrivier en het vyf strande in die nabye omgewing. Akkommodasie bestaan uit selfsorg Chalets en Houthuise, Kamp- en Karavaanstaanplekke waarvan party ’n uitsig op die rivier het. Die Oord is slegs 6km vanaf die Plettenbergbaai dorp af en voorraadaankope kan gedoen word by ’n uitstekende inkopiesentrum.
Phalaborwa Safari Park Forever Resort
Forever Phalaborwa Safari Park, is geleë slegs ’n 100m vanaf die Nasionale Kruger Park se Phalaborwa hek. Hierdie besonderse oord is wel bekend vir reisigers van vêr, wat die koue winter seisoen probeer ontsnap. Akkommodasie bestaan uit driester selfsorg eenhede, Kamp en Karavaanstaanplekke. Dié oord is gerieflik geleë binne die dorp vir opwindende aktiwiteite. Na ’n uitputtende dag vol avontuur, kan die rotspoel benut word om af te koel en ontspan.
Warmbad A Forever Resort
Ontspanning vir die siel: Forever Warmbaths is geleë in die hartjie van Bela Bela in Limpopo. Die Oord is alombekend vir sy natuurlike warm mineraal Hidrobaddens en aktiwiteite soos ’n waterpark, wildreservaat en spa. Gaste kan uitsien na ’n rustige en ontspanne bosveldomgewing weg van die besige stadslewe, geskik vir oud en jonk. Drie ster akkommodasie sluit in Hotelkamers, selfsorg Chalets, Kamp en Karavaanstaanplekke met elektrisiteit. Ideaal vir ’n wegbreek van die stadslewe.
Loskopdam, a Forever Resort
Besoek gerus die Forever Loskopdam Oord geleë tussen die Waterberge en die Loskopdam Natuurreservaat. Soos die naam bevestig is die Oord op die oewers van die Loskopdam en gaste kan ’n welverdiende wegbreek geniet. Driester akkommodasie in welbekende Houthutte en selfsorg Chalets, Gastehuis, Familie Huise, Kamp en Karavaanstaanplekke (waarvan sommige met plaveisel beskikbaar is). Forever Loskopdam het ook ’n verskeidenheid aktiwiteite wat insluit visvang, swembaddens, ’n spa en nog meer insluit.
Blyde Canyon A Forever Resort
Blyde Canyon, A FOREVER RESORT biede pragtige uitsigte oor die Blyde River Canyon, die derde grootste “canyon” ter wêreld. Hierdie oord het ‘n 3 –en 4ster gradering en is slegs sowat 160 kilometer vanaf Nelspruit en 50 kilometer vanaf Graskop geleë. Blyde Canyon, A Forever Resort is die ideale pitstop vir uitstappies na Pilgrim’s Rest en ander pragtige besienswaardighede in Mpumalanga.
Badplaas A Forever Resort
Badplaas, A FOREVER RESORT is geleë aan die voet van die Hlumuhlumu-berge. Al is die warmwaterbron sonder twyfel die hoof-trekpleister, bied hierdie oord ook ‘n magdom ander aktiwiteite en geriewe.
Die oord beskik oor 48 hotel kamers en 161 log cabins, chalets, rondawels en gastehuise. Vir kampers is daar sowat 300 kampplekke om van te kies. ‘n Groot verskeidenheid aktiwiteite word by die oord aangebied vir oud en jonk om te geniet!
Gariep A Forever Resort
In die hartjie van die Vrystaat, sowat 200km vanaf Bloemfontein en oppad na die Kaap sal jy vir Gariep raakry. Aangewys as Dorp van die jaar 2010 is dit nie moeilik om te verstaan hoekom jy so ‘n bietjie langer hier wil aanbly wanneer jy die gasvryheid ervaar nie.
Gariep bied 106 kampplekke, elkeen met elektrisiteit. Hierdie kampplekke word gediens deur 2 netjiese ablusieblokke. Daar is ook 16 luukse kampplekke wat elkeen sy eie ablusie het.
Forever Resorts South Africa bied van die gewildste vakansiebestemmings in SA aan! Met ‘n verskeidenheid oorde, kampplekke, retraites, lodges en hotelle
Tshipise Forever Resort
Tshipise Forever Resort is in die pragtige Limpopo provinsie geleë en bied ‘n 3 ster gradering. Tshipise beteken “iets warm” en die Tshipise koppie troon beskermend oor die oord.
Die oord bied heeljaar ‘n sonnige klimaat en die warmwater bron is ‘n groot aantrekking na die oord. Die oord is slegs ‘n klipgooi vanaf Beit Bridge (oppad van en na Zimbabwe) en die Kruger Nasionale Park.
Die oord bied ‘n heerlike kampplek. Elke staanplek het elektrisiteit, maar bring asb ‘n karavaan kragprop saam wanneer jy kom kamp. Daar is ook karavaan kragproppe beskikbaar by die winkel by die oord of by die sekuriteitskantoor.
Forever Resorts South Africa bied van die gewildste vakansiebestemmings in SA aan! Met ‘n verskeidenheid oorde, kampplekke, retraites, lodges en hotelle
Waterfall, A Forever Lodge
Waterfall, A Forever Lodge is ‘n 3-ster-lodge in die Kranspoortberge tussen Middelburg en Loskopdam in Mpumalanga. Dié lodge is ideaal vir vakansiegangers en sakelui wat op soek is na ‘n heerlike wegbreekplek met heelwat doendinge op die perseel.
Ons het 7 houthuisies en 5 kampeerplekke. Die huisies is ideaal vir paartjies, vriende en gesinne.
Forever Resorts South Africa bied van die gewildste vakansiebestemmings in SA aan! Met ‘n verskeidenheid oorde, kampplekke, retraites, lodges en hotelle