4.2
05

DIE XCAPE EN XPLORER KAMPEER-ERVARING NOU OP ’N BETER VLAK

Na bykans ’n dekade op die Suid-Afrikaanse mark, is die Jurgens Safari Xcape en die Safari Xplorer groot gunstelinge op die gebied van veldkampering, met menige Suid-Afrikaanse gesin wat die waens al vir hul avontuur van die Kaap tot Kubu-eiland ingespan het. Hierdie twee modelle bied bos-kampeerders die geleentheid van selfsorgkampering, met kenmerke soos buite-kombuis- en badkamergeriewe, en die luuksheid van warm en koue lopende water.

Xcape aangepas om meer plesier te verskaf

Die Jurgens Safari Xcape het aansienlike uitlegveranderings ondergaan, binne sowel as buite, met opvallende houtskoolkleurige drukplaat-elemente die eerste ding wat jy waarneem. Die swart 15” wielvellings verbeter die stylvoorkoms, en die buitespens is groter, met die gesplete spensluik wat meer werksruimte verskaf. Die spens spog nou met laaie en rake, en ’n seil-voorkant, terwyl die buiteluik met yskasskuifdeur ’n 60L SnoMaster ys/vrieskas insluit.

Die binne-uitleg is aansienlik hersien, danksy die yskas wat nou buite geakkommodeer word. Nuwe gordynstof in natuurlike kleure vul die binnemeubels en afwerkings aan, terwyl alle stoorruimtes nou met verwyderbare seil-ritssluitdeure spog. Die bed-syluik is groter, en die bed het ’n uitgly-oppervlak wat sy oppervlak vergroot. Ekstra steunpote verseker ’n stabiele, stewige bed. Die tent is ook hersien.

Vir jou naaste handelaar en meer besonderhede, besoek die webtuiste www.campworld.co.za en sluit aan by die gesprekke op Facebook

Xplorer veranderinge trek al die aandag

interior-2Die Jurgens Safari Xplorer beloof om die koppe te laat draai met opvallende veranderings buite. Die swart 15” wielvellings verleen ’n kontemporêre gevoel, en die nuut gestileerde houtskoolkleurige drukplaat- elemente dra by tot ’n absolute gunsteling.

Binne-hersienings sluit in gordyne, afwerkings en meubels in aantreklike natuurlike kleure. Bergingsklerekaste en kaste het nou verwyderbare seil-ritssluitdeure, en die tent is aangepas. Die Xplorer bied ‘n standaard 80L SnoMaster ys/vrieskas.

Die aanbevole kleinhandel-bekendstellingsprys van die Jurgens Safari Xcape is R249 000, terwyl die Jurgens Safari Xplorer teen R329 000 verkoop word.

xplore

Vir jou naaste handelaar en meer besonderhede, besoek die webtuiste www.campworld.co.za en sluit aan by die gesprekke op Facebook