Gradeer die plek

Cowboy-pot

30ml (2 eetlepel) Botter
30ml olyfolie
2 uie, grof gekap
500gram maalvleis
2 pakkies bacon gesnipper
10ml (2 teelepel) gekapte knoffel
50ml brandewyn
10ml Aromat
5ml swartpeper gemaal
10ml gedroogde origanum
2 x 410g boontjies in tamatiesous
410gram gekapte tamaties met origanum en basielkruid.
125ml vars gekapte pietersielie (of halwe teelepel gedroog)

• Verhit die botter en olyfolie in ‘n ysterpot oor warm kole en soteer die uie tot glansend.
• Voeg die vleis by en roerbraai dit 3 minute lank.
• Voeg die knoffel, brandewyn en geurmiddels by en roer dit deur.
• Keer die blikke boontjies en tamaties bo-oor uit en meng dit deur.
• Sit die deksel op en verhit dit tot kookpunt oor matige kole. Strooi die pietersie oor en bedien!