Coleman 2-For-1 All Day 2-Person Shelter & Tent

Ek en my 10 jarige seun, Karlo het besluit dat dit weer tyd is vir ‘n PA-EN-SEUN om ‘n lekker kampnaweek te geniet.
Ek het my Coleman tent gelaai en om seker te maak dat ons lekker slaap het ek ons opslaanbed en slaapsakke ingepak. Ons kampplek vir die naweek het nie elektrisiteit gehad nie en moes ons seker maak ons Coleman kopligte is reg.

Die Coleman 2-For-1 All Day 2-Person Shelter & Tent is so ontwerp dat ons dit binne 15 minute kan opslaan. Hierdie tent is perfek vir 2 kampers wat hou van avontuur. Die kombinasie van tent met ‘n skadu-afdak werk uitstekend. Die tent kom met maklike opslaan instruksies. Jy het ook die opsie om die tent slegs as ‘n gazebo op te slaan, dit maak hierdie tent voorwaar ‘n unieke ontwerp. Die pale van die skadu-gazebo gedeelte word verbind met heg kettinkies, wat dit maklik maak om op te slaan sonder ‘n klomp los pale wat oral rondlê. Die tent word baie maklik aan die raam geheg sonder om enige verdere pale te gebruik. Die skadu-gedeelte is van goeie kwaliteit materiaal. Die tent se vloergedeelte is geseel en is deel van die ontwerp van die tent om te verseker dat jy droog bly. Die vloergedeelte beslaan sowat 3.35m x 3.04 m en is groot genoeg vir 2 persone. Daar is ook genoeg plek in die tent om jou bagasie te bêre. Die hoogste punt van die tent is 2.2m wat dit dus gemaklik maak om regop te staan. Die tent het 3 vensters wat oopgemaak kan word om genoeg lig en lug deur te laat.