Bosveld warm patat in foelie op die vuur
1 4

Bosveld warm patat in foelie op die vuur

Een klein tot medium patat per persoon
Tinfoil (Foelie)
Botter
Growwe peper / peperkorrels
Growwe sout / soutkorrels
Extra Virgin Olyfolie
Een suurlemoen
‘n Paar takkies vars tiemie
• Was die patats skoon en droog af (hou die vel aan)
• Neem ‘n vurk en steek so ‘n paar gate in die patats reg rondom
• Plaas die patats elkeen op ‘n stuk foelie (blink kant na binne)
• Drup so klein bietjie olyfolie op elke patat
• Smeer so bietjie botter op elke patat
• Sny die suurlemoen in die helfte en druk ‘n klein bietjie sap op elke patat
• Meng die sout en peperkorrels en maal dit fyn – strooi op die patats
• Plaas een takkie vars tiemie saam met die patat op die foelie
• Draai die patats goed toe in die foelie – moenie dat die tiemie uitval nie, want dit bring so ‘n lekker geurtjie en smakie daarby.
Gaarmaak
• Steek jou vuurtjie aan die brand – onthou gebruik net lekker goeie hout vir kole, soos Sekelbos, Mopanie of Rooibos. Los maar die Hardekool vir eers uit, hierdie mooi bome van ons raak darem nou te skaars.
• Jy het twee keuses. Jy kan die patats of op ‘n rooster op die vlamme sit, of dit reg langs die vuur / kole sit. Baie mense verwoes patats of selfs aartappels in foelie, as hulle dit onder by die vuur of kole sit, want hulle laat die vel brand en dan is dit glad nie lekker nie.
• My keuse is om die patats in foelie op ‘n rooster bo op die vlamme te sit – so aan die buitekant van die rooster. Draai gereeld om met ‘n goeie braaitang. Op hierdie manier reguleer jy die hitte beter. Jou kole sal redelik gou reg wees en op die manier kan jy die wors dan ook bo op die rooster sit, met die patats wat al amper gaar is aan die buitekant van die rooster – sodoende bly die patats warm – en as jou wors gaar is, dan is jou patats ook al klaar gaar en nog stees warm gehou.
• As jy die patats reg gaargemaak het, sal die vel ongeskonde wees en jou patat deurgaar en lekker sag, geurig en smaaklik.