Bobotie
2 5

Bobotie

Bobotie
2 snye bruinbrood
200 ml melk
2 uie, fyngekap
25 ml olie
25 ml suurlemoensap
8 ml kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml Aromat
2 ml peper
500g maer maalvleis
30 ml blatjang
2 eiers
125 ml gekapte droë appelkose
1 groen appel, gerasper
75 ml pitlose rosyne
Metode:
Voorverhit die oond tot 1800 Week die brood in die melk. Braai die uie in die olie en voeg die suurlemoensap by. Roer die kerriepoeier, borrie Aromat en peper by. Druk die melk uit die brood en hou die melk eenkant. Voeg die brood by die uiemengsel. Voeg die vleis, blatjang, 1 eier, appelkose, gerasperde appel en rosyne by en kook 20 minute oor lae hitte. Roer af en toe. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Meng die orige eier met die melk wat uit die brood gedruk is en giet oor die vleismengsel. Bak vir 30 minute.